Tigrinya

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tigrinya (volk) .
Tigrinya
????, tigrinn?  
Uitspraak: [t??r??a]
Gepraat in: Vlag van Eritrea  Eritrea
Vlag van Ethiopië  Ethiopie  
Gebied: Horing van Afrika
Totale sprekers: 7,5 miljoen [1]
Taalfamilie : Afro-Asiaties
  Semities
   Suid-Semities
    Ethiopies-Semities
     Tigrinya  
Skrifstelsel: Tigrinya-alfabet ( Ge'ez-skrif
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Eritrea  Eritrea
Vlag van Ethiopië  Ethiopie
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1 : ti
ISO 639-2 : tir
ISO 639-3 : tir
Eritrea se landsnaam in Tigrinya met Ethiopiese skrif
Ligging van die Tigray-streek in Ethiopie, een van nege etniese streke

Tigrinya (????, tigrinn? , [t??r??a], ) is 'n Semitiese taal wat deur sowat 7,5 miljoen mense in Eritrea en Ethiopie aan die Horing van Afrika gepraat word. Dit vorm saam met Arabies en Engels die amptelike tale van Eritrea. Tigrinya word met die Tigrinya-alfabet, 'n variasie van die Ge'ez-skrif , geskryf. Tigrinya is verwant aan Amharies , die amptelike taal van Ethiopie, en word hoofsaaklik in die hoofstadstreek Asmara gepraat.

In Ethiopie word die taal Tigray genoem en word as ampstaal van die Tigray-streek in Noord-Ethiopie erken. Tigrinya is nou verwant aan Amharies en Tigre, al drie het uit die antieke taal Ge'ez ontwikkel. Tigrinya vorm die vierde mees verspreide taal in Ethiopie na Oromo , Amharies en Somalies en word veral in die Tigray-streek gebesig, een van nege etniese streke. Sedert 2020 dien Tigrinya saam met Afar , Amharies, Engels , Oromo en Somalies as amptelike tale van Ethiopie. [2] In Eritrea word Tigrinya deur sowat 55% van die bevolking gepraat.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tigrinya" . Ethnologue . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020 . Besoek op 29 Oktober 2020 .
  2. ( en ) "One to five: Ethiopia gets four new federal working languages" . Africa News. 4 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2020 . Besoek op 29 Oktober 2020 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Tigrinya