한국   대만   중국   일본 
Tiensjan - Wikipedia Gaan na inhoud

Tiensjan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Xinjiang Tiensjan *
Unesco-werelderfenisterrein

Die Tiensjan-bergreeks op die grens tussen Kirgisie en die Volksrepubliek China met Khan Tengri (7 010 m) in die middel
Ligging van Tiensjan op 'n kaart (Asië)
Tiensjan
Tiensjan
Ligging van Tiensjan in Asie
Koordinate: 42°02′15″N 80°07′30″O  /  42.03750°N 80.12500°O  / 42.03750; 80.12500
Lande Vlag van die Volksrepubliek China  Volksrepubliek China
Tipe Natuur
Kriteria vii, ix
Verwysings 1414
Streek Asie
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2013  (37ste Sessie )
* Naam soos dit in die Werelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Westelike Tiensjan *
Unesco-werelderfenisterrein

Natuurreservaat Aksu-Jabagly in Kasakstan
Lande Vlag van Kasakstan  Kasakstan
Vlag van Kirgisië  Kirgisie
Vlag van Oesbekistan  Oesbekistan
Tipe Natuur
Kriteria x
Verwysings 1490
Streek Asie
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2016  (40ste Sessie )
* Naam soos dit in die Werelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Tiensjan ( Chinees : 天山; pinyin : Ti?nsh?n , Dungaans: Тянсан; Tiansan ; Oud-Turks: ???? ????????, Ten?ri ta? ; Turks : Tanrı Da?ı ; Mongools : Тэнгэр уул, Tenger uul ; Oeigoers : ????????, Т??ри та?, Tengri tagh ; Kirgisies : Те?ир-Тоо / Ала-Тоо, Tenir-Too / Ala-Too , ?????-??? / ???-???; Kasaks : Т???ртауы / Алатау, Ta?irtayy / Alatay , ?????????? / ??????; Oesbekies : Tyan-Shan / Tangritog‘ , Тян-Шан / Тангрито?, ????-??? / ????????) is 'n bergreeks in Sentraal-Asie aan die kruispunt van die Himalaja met die Karakoram , Pamir , Kunlun en Hindoekoesj op die omstrede grense van Kasakstan , Kirgisie , Oesbekistan , Tadjikistan en die Volksrepubliek China . Die hoogste bergpiek, Jengish Chokusu, is met 7 439 meter bo seevlak die hoogste berg van Kirgisie. Die Tiensjan is in die streek Turkestan gelee en skei die noordelike van die suidelike gedeelte. Die Tiensjan streek oor sowat 2 450 km en is 400 km breed.

Tiensjan is 'n Chinese term wat "hemel / hemelse berge" of "god / geestelike berge" beteken. Tiensjan word in Tengriisme heilig beskou en sy tweede hoogste bergpiek is bekend as Khan Tengri wat as "Here van die Geeste" vertaal kan word. [1]

Die Tiensjan word deur die Ilivallei in die noorde en deur die Tarimrivier in die suide begrens. In die weste ontspring die Sirdarja . Net noord van die Tiensjan is Urumqi , die hoofstad en grootste stad van die Chinese outonome gebied Xinjiang , gelee.

Die Volksrepubliek China se Xinjiang Tiensjan is in 2013 deur Unesco as werelderfenisgebied gelys en die Westelike Tiensjan in Kasakstan, Kirgisie en Oesbekistan het in 2016 gevolg.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) Wilkinson, Philip (2 Oktober 2003). Myths and Legends . Stacey International. p. 163. ISBN   978-1-900988-61-2 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]