in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Theodore Roosevelt
(13 September 1887 ? 12 Julie 1944) was die oudste seun van die voormalige
Amerikaanse President
Theodore Roosevelt
en 'n Brigadier-Generaal in die
Amerikaanse Leer
. Hy was die bevelvoerder van die Amerikaanse magte wat by
Utah-strand
geland het en was ook die oudste soldaat in die hele mag wat op D-dag aan land gegaan het. Hy was ook die eerste Amerikaanse generaal wat aan land gegaan het.
Franklin D. Roosevelt
, ook 'n voormalige Amerikaanse President, was verlangs familie. Hy het in beide die
Eerste Wereldoorlog
en die
Tweede Wereldoorlog
diens gedoen.
Theodore het drie broers en twee susters gehad. Hy gradueer aan Harvard en betree die politiek. Hy stel homself verkiesbaar, maar verloor teen Al Smith vir die Goewerneur van New York verkiesing in 1924. Hy word later Goewerneur van
Puerto Rico
en die
Filippyne
.
Hy het diens gedoen in
Tunisie
,
Sisilie
,
Italie
en
Normandie
. Tydens D-dag was hy reeds om 06:10 aan land, maar het nie geweet waar hy geland het nie omrede hulle 1 km suid van die beplande landingsplek geland het. Nadat hy sy situasie opgesom het, het hy blykbaar gese:
Ons sal die oorlog hier begin!
Hy kry 'n
hartaanval
op 9 Julie 1944 en sterf op 12 Julie 1944. Hy was 56 jaar oud.