한국   대만   중국   일본 
Thebe, Griekeland - Wikipedia Gaan na inhoud

Thebe, Griekeland

Koordinate : 38°19′N 23°19′O  /  38.317°N 23.317°O  / 38.317; 23.317
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Thebe

Θ?βα
Stad
Oorblyfsels van die Kadmea, die sentrale skanswerke van antieke Thebe
Oorblyfsels van die Kadmea, die sentrale skanswerke van antieke Thebe
Thebe is in Greece
Thebe
Thebe
Koordinate: 38°19′N 23°19′O  /  38.317°N 23.317°O  / 38.317; 23.317
Land Vlag van Griekeland  Griekeland
Streek Sentraal-Griekeland
Streeks-eenheid Boeotia
Oppervlak
 ? Totaal 822,9 km 2 (318 vk. myl)
Hoogte
215 m (705 ft)
Bevolking
 ? Totaal 37 524
 ? Digtheid 46/km 2 (118/vk. myl)
Poskode
32200
Skakelkodes 22620
Webwerf www.thiva.gr

Thebe ( Antieke Grieks : Θ?βαι , Th?bai , Moderne Grieks: Θ?βα , Thiva ), is 'n stad in Griekeland , gelee aan die noordekant van die Kithaeron -bergreeks, wat Boiotie skei van Attika , en aan die suidelike rand van die Boiotiese vlakte . Dit het 'n belangrike rol in Griekse mitologie gespeel, as die ligging van die verhale van Kadmos , Oedipos , Dionysos en andere. Argeologiese uitgrawing in en rondom Thebe het 'n Mykeense nedersetting en kleitablette onthul, in die B-lineere skriftipe, aanduidend van die Bronstydse belang van die ligging. In antieke tye, was Thebe die grootste stad van die streek Boiotie en leier van die Boiotiese konfederasie. Dit was 'n oortuigde teenstander van antieke Athene, en het hul by die Perse geskaar tydens die inval van 480 v.C. onder leiding van Ahasveros . Thebaanse magte het die mag van Sparta tot 'n val gebring in die Veldslag van Leuktra in 371 v.C., onder leiding van hul aanvoerder Epaminondas . Die Heilige Troep van Thebe ('n elite militere eenheid) het opspraakwekkend gesneuwel in die slag van Chaironeia in 338 v.C. teen Philippos II en Alexander die Grote . Voor die uitdelging deur Alexander in 335 v.C., was Thebe 'n leidende mag in Griekse geskiedenis, en was tydens die Makedoniese verowering van Griekeland die mees dominante stadstaat . In die Bisantynse era was die stad 'n erkenne verskaffer van systowwe . Die moderne stad beskik oor 'n argeologiese museum, die oorblyfsels van die Kadmea (Bronstyd en latere vestings), en verstrooide antieke artefakte. Moderne Thebe is die grootste dorp van Boiotie . Dit is gelee langs hoofweg E962, sowat 4 km suid van die aansluiting met die E75 .