The Trump Organization

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


The Trump Organization

Tipe Konglomeraat
Gestig 1923 as Elizabeth Trump & Son
Hoofkantoor New York , NY Verenigde State
Sleutelpersone Elizabeth Christ Trump en Fred Trump (stigters)
Donald Trump (eienaar)
Donald Trump Jr. (uitvoerende direkteur), Eric Trump (uitvoerende vise-president), Allen Weisselberg (hoof finansiele beampte)
Gebied bedien Wereldwyd
Dienste Konstruksie, eiendomsontwikkeling, vermaak en verblyf, kleinhandel, aanlynwinkels, gediversifiseerde beleggings
Webwerf trump.com

The Trump Organization (vroeer Elizabeth Trump & Son ) is 'n internasionale sakekonglomeraat in Amerikaanse privaatbesit wat sy hoofkwartier in die kantoortoring Trump Tower in Midtown Manhattan, New York het. Dit dien as die vernaamste houermaatskappy vir die Amerikaanse entrepreneur Donald Trump se ondernemings en beleggings. Die konglomeraat is in besit van en oorspronklik bestuur deur Donald Trump en drie van sy oudste kinders - Donald Trump Jr., Ivanka Trump en Eric Trump wat almal as uitvoerende vise-presidente binne die organisasie gedien het. [1]

Na sy verkiesing as president van die Verenigde State het Donald Trump bekend gemaak dat sy twee oudste seuns, Donald Trump Jr. en Eric Trump, saam met die langjarige hoof finansiele beampte Allen Weisselberg vir die duur van sy presidentskap die bestuur van die onderneming oorgeneem het. Alhoewel Donald Trump nie meer by die alledaagse bestuur betrokke is nie, bly die onderneming in sy besit.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]