in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Teotokos van Wladimir, omstreeks 1130 in
Konstantinopel
geskilder.
Die
Teotokos van Wladimir
(
Grieks
: Θεοτ?κο? του Βλαντ?μιρ), ook bekend as "Ons Dame van Wladimir" (
Russies
: Владимирская Икона Божией Матери) of die "Maagd van Wladimir", is ’n
Middeleeuse
Bisantynse
ikoon
van Moeder en Kind. In
1169
het
Andrei Bogoljoebski
Kief
geplunder en baie godsdienstige werke gesteel, onder meer ’n Bisantynse "Moeder van God"-ikoon wat na
Wladimir
gestuur is. Dit is een van die mees geeerde
Oosters-Ortodokse
ikone en ’n uitstekende en vroee voorbeeld van die "Eleusa" (tederheid)-tipe, met die Kind wat teen sy moeder se wang nestel.
[1]
Die
Teotokos
(’n
Griekse
term vir
Maria
) word beskou as die heilige beskermer van
Rusland
. Die ikoon word in die
Tretjakof-galery
in
Moskou
tentoongestel in ’n werkende kerk op die museumterrein. Haar feesdag is 23 Junie
ou styl
/
6 Julie
nuwe styl
. Die oorspronklike word al eeue lank oor en oor gekopieer, meer as enige ander beroemde ikoon, en baie kopiee het self aansienlike artistieke en godsdienstige betekenis.
[2]
Anders as sommige ikone met ’n groot godsdienstige aanhang, word die artistieke gehalte van die werk hoog aangeskryf; die
Wladimirskaja
, soos die Russe dit noem, word algemeen beskou as die beste van die paar Bisantynse ikone uit die tydperk wat nog bestaan. Volgens die kunshistorikus David Talbot Rice "erken almal wat dit gesien het dat dit een van die mees uitsonderlike godsdienstige skilderye in die wereld is".
[3]
- ↑
"Tretyakov-gids": Tretjakof-galery
; Gidsboek, 2000, Moskou, Avant-Garde,
ISBN 5863941065
- ↑
Evans, Helen C. (red.),
Byzantium, Faith and Power (1261-1557)
, 2004, Metropolitan Museum of Art/Yale University Press,
ISBN 1588391140
- ↑
Rice, David Talbot, "The Greek Exhibition at Burlington House",
The Burlington Magazine
, Vol. 88, No. 517 (Apr., 1946),
JSTOR