in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Teodoro Obiang Nguema Mbasogo
(gebore
5 Junie
1942
) is sedert
1979
die
president
van
Ekwatoriaal-Guinee
.
Obiang, wat verskeie regeringsposte, insluitende die hoof van die berugte Black Beach-tronk, beklee het, het op 3 Augustus 1979 sy oom in 'n bloedige staatsgreep omver gewerp. Die aard van Obiang se regering is nie-demokraties, aangesien opposisie nie toegelaat word nie. Hy word ook beskuldig van korrupsie en magsmisbruik. Ekwatoriaal-Guinee is tans 'n eenpartystaat wat deur die
Democratic Party of Equatorial Guinea
(PDGE) beheer word. Die grondwet verskaf aan Obiang wye magte, insluitend die reg om deur dekrete te regeer.
Soos vorige Afrika diktators, het Obiang ook sekere titels aan homself toegeken. Dit sluit in: "heer van die eilande Bioko,
Annobon
en Rio Muni." Hy verwys ook na homself as "El Jefe" (die baas).
In Maart 2004 het Obiang aangekondig dat 'n
staatsgreep
teen hom beplan is deur die intelligensiedienste van die VSA, Brittanje en Spanje, gelei deur
Mark Thatcher
en
Simon Mann
. Kort daarna is 15 mense in Ekwatoriaal-Guinee gearresteer, asook 'n vliegtuig vol huursoldate in
Zimbabwe
wat blykbaar na die land op pad was. Hierdie gebeure is in die 2006-Britse film
Coup!
verewig. Die huursoldate wat in Zimbabwe in hegtenis geneem is, insluitend Mann, is tronk toe gestuur. Obiang het aangevoer dat die Weste
Severo Moto Nsa
as president wou instel.
Die Suid-Afrikaner,
Nick du Toit
, is as die leier van die huursoldate in Ekwatoriaal-Guinee aangekla en tot 34 jaar tronkstraf gevonnis.
Obiang word geteister deur terminale prostaatkanker en die president wil na bewering he sy seun,
Teodorin Nguema Obiang
, moet hom opvolg. Dit word deur 'n ander moontlike opvolgingskandidaat teengestaan:
Armengol Ondo Nguema
.
In November 2021 is Teodoro Obiang Nguema Mbasogo op sy party se kongres aangestel as 'n kandidaat vir 'n sesde termyn in die 2023-verkiesing.