한국   대만   중국   일본 
Telluur - Wikipedia Gaan na inhoud

Telluur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
52 antimoon telluur jodium
Se

Te

Po
Algemeen
Naam , simbool , getal telluur, Te, 52
Chemiese reeks metaalagtiges
Groep , periode , blok 16 , 5 , p
Voorkoms silwerige glansende grys
Atoommassa 127.60 (3) g/mol
Elektronkonfigurasie [ Kr ] 4d 10 5s 2 5p 4
Elektrone per skil 2, 8, 18, 18, 6
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t. ) 6.24 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 5.70 g/cm³
Smeltpunt 722.66 K
(449.51 ° C )
Kookpunt 1261 K
(988 ° C )
Smeltingswarmte 17.49 kJ/mol
Verdampingswarmte 114.1 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 25.73 J/(mol·K)
Dampdruk
P /Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T /K     (775) (888) 1042 1266
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur trigonaal
Strukturbericht-kode A8
Ruimtegroep P3 1 21  nommer: 152/154
Oksidasietoestande ±2, 4 , 6
(matige suur oksied)
Elektronegatiwiteit 2.1 ( Skaal van Pauling )
Ionisasie-energiee 1ste: 869.3 kJ/mol
2de: 1790 kJ/mol
3de: 2698 kJ/mol
Atoomradius 140 pm
Atoomradius (ber.) 123 pm
Kovalente radius 135 pm
Van der Waals-radius 206 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking nie-magneties
Termiese geleidingsvermoe (300 K)
(1.97–3.38) W/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (20 °C) 2610 m/s
Young se modulus 43 GPa
Skuifmodulus 16 GPa
Massamodulus 65 GPa
Mohs se hardheid 2.25
Brinell hardheid 180 MPa
CAS-registernommer 13494-80-9
Vernaamste isotope
Isotope van Telluur
iso NV halfleeftyd VM VE ( MeV ) VP
120 Te 0.09% >2.2×10 16 j e e 1.701 120 Sn
121 Te sin 16.78 d e 1.040 121 Sb
122 Te 2.55% Te is stabiel met 70 neutrone
123 Te 0.89% >1.0×10 13 j e 0.051 123 Sb
124 Te 4.74% Te is stabiel met 72 neutrone
125 Te 7.07% Te is stabiel met 73 neutrone
126 Te 18.84% Te is stabiel met 74 neutrone
127 Te sin 9.35 h ß - 0.698 127 I
128 Te 31.74% 2.2×10 24 j ß ß 0.867 128 Xe
129 Te sin 69.6 min ß - 1.498 129 I
130 Te 34.08% 7.9×10 20 j ß ß 2.528 130 Xe
Portaal Chemie

Telluur , is 'n chemiese element met simbool Te ( Latyn Tellurium ) en atoomgetal van 52. Dit is 'n bros silwerwit metaalagtige element met die voorkoms wat ooreenstem met die van tin . Telluur is chemies verwant aan seleen en swael . Telluur word hoofsaaklik gebruik in legerings en in halfgeleiers .

Kenmerkende eienskappe [ wysig | wysig bron ]

Telluur is 'n uiters seldsame element (die negende skaarsste element op aarde. Dit val in dieselfde chemiese familie as suurstof , swael , seleen en polonium .

Telluur in 'n kristallyne vorm is silwerwit en in die suiwer vorm het dit 'n metaalglans. Dit is 'n bros metaalagtige element wat maklik tot poeier gemaal kan word. Amorfe telluur word verkry deur telluursuur (Te(OH) 6 ). Die amorfe aard van hierde vorm word egter bevraagteken en sommige wetenskaplikes reken dat dit eerder 'n mengsel van fyn kristalle is.

Gebruike [ wysig | wysig bron ]

Telluur is 'n p-tipe halfgeleier wat 'n groter geleidingsvermoe in sekere rigtings toon afhangende van die atoombelyning. Chemies is dit verwant aan seleen en swael . Die geleidingsvermoe van die materiaal word effens hoer as dit aan lig blootgestel word ( fotoelektriese effek ).

Dit kan met koper , goud , silwer , tin en ander metale gedoop word. In sy gesmelte toestand is telluur korrosief ten opsigte van koper, yster en vlekvrye staal .

Telluur straal 'n groenerige blou vlam uit as dit in gewone lug gebrand word en vorm telluuroksied.

Gebruike in legerings:

  • Telluur word by lood gevoeg om die sterkte en duursaamheid daarvan te verhoog en om die korrosiewe invloed van swaelsuur daarop te verminder.
  • Wanneer Telluur by vlekvrye staal en koper gevoeg verhoog dit die werkseienskappe van hierdie metale. Dit word ook saam met gietyster legeer om die verkoelingseienskappe te verbeter.

Ander gebruike:

  • Gebruik in keramieke
  • Dit word in sekere glassoorte gebruik.
  • Telluur word in ontstekers gebruik.
  • Organiese telluurverbindings is al gebruik om lewende radikaalpolimerisasie aan die gang te sit en elektronryke mono- en di-telluriede toon aktiwiteit as 'n anti-oksidant .

Hoe suiwerheid metalo-organiese verbindings van beide seleen en telluur word in die halfgeleier nywerheid gebruik en word voorberei deur die suiwering van 'n addukt. [1] [2]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. doi 10.1016/0022-0248(88)90613-6 Journal of Crystal Growth Volume 93, Issues 1-4 , 1988, Pages 744-749
  2. VSA patent no 5117021, Metode vir die suiwering van telluur en seleenalkiele

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]


H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloide Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend