in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Taalvulkaan
(
Tagalog
:
Bulkang Taal
) is 'n
kaldera
in die
Filippyne
wat met die
Taalmeer
gevul is.
[1]
Dit is in die provinsie Batangas gelee en is een van die aktiefste vulkane in die land, met 34 aangetekende uitbarstings in die geskiedenis waarvan almal op Vulkaaneiland, naby die middel van die Taalmeer, gekonsentreer was.
[2]
Die kaldera is gevorm deur
prehistoriese
uitbarstings tussen 140000 en 5380 v.C.
[3]
[4]
Die vulkaan le sowat 50 km suid van
Manila
, die Filippynse hoofstad.
Die Taalvulkaan het al verskeie gewelddadige uitbarstings gehad wat sterfgevalle op die eiland en in die dig bevolkte gebiede om die vulkaan tot gevolg gehad het. Altesaam sowat 6 000 mense het al gesterf. Vanwee sy nabyheid aan dig bevolkte gebiede en sy geskiedenis van uitbarstings is die Taalvulkaan aangewys as een van die 16
Dekadevulkane
, wat naby ondersoek word om toekomstige rampe minder ernstig te maak. Alle vulkane in die Filippyne is deel van die
Ring van Vuur
.
Taal
is 'n woord in 'n
Tagalog
-dialek wat beteken "waar", "werklik" en "suiwer".
[5]
- ↑
1,0
1,1
1,2
"Taal". Global Volcanism Program. Smithsonian-instituut. Besoek op 13 Februarie 2013.
- ↑
Alvaro Limos, Mario (21 Januarie 2020).
"We Should Stop Calling Taal the World's Smallest Volcano"
.
Esquiremag.ph
. Besoek op
30 Julie
2021
.
- ↑
"Taal Volcano"
.
Philippine Institute of Volcanology and Seismology
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 12 September 2008
. Besoek op
3 Desember
2012
.
- ↑
Delos Reyes, Perla J.; Bornas, Ma. Antonia V.; Dominey-Howes, Dale; Pidlaoan, Abigail C.; Magill, Christina R.; Solidum, Renato U., Jr. (2018).
"A synthesis and review of historical eruptions at Taal Volcano, Southern Luzon, Philippines"
.
Earth-Science Reviews
(in Engels).
177
: 565?588.
Bibcode
:
2018ESRv..177..565D
.
doi
:
10.1016/j.earscirev.2017.11.014
.
{{
cite journal
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
Pulta, Benjamin (15 Januarie 2020).
"Beneath the Ashes: Uncovering Taal's Rich History"
.
Philippine News Agency
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2021
. Besoek op
17 Februarie
2021
.
Kaart van die 16 Dekadevulkane.