Die
Sunwolves
(
(
jp
)
サンウルブズ) ? weens borgskapredes bekend as die
HITO-Communications Sunwolves
? was ’n
Japanse
rugbyspan
wat sedert 2016 aan die
Superrugbykompetisie
deelgeneem het. Die span is in 2015 gestig om ingesluit te word by die vergrote
Superrugbykompetisie
. Die span se basis was Tokio maar het ook ’n aantal tuiswedstryde in Singapoer gespeel. Die span het sy debuut in die
2016 Superrugbyseisoen
gemaak, maar is op 1 Junie 2020 ontbind te midde van
Covid-19
, maar hoofsaaklik weens die span se weglating uit die Superrugbytoernooi vanaf 2021.
Sedert die aanvang van
SANZAR
-beheerde
Superrugbykompetisie
in 1996 (voorheen bekend as Super 12 en Super 14) is die kompetisie beperk tot spanne van Australie, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. In 2011 is bekendgemaak dat SANZAR sy internasionale Drienasieskompetisie sou uitbrei om Argentinie in te sluit, wat gelei het tot die nuwe naam van Die Rugbykampioenskap.
[1]
Dit het gelei tot gerugte dat Argentinie ook ’n span in die Superrugbykompetisie sou wou he.
[2]
[3]
en SANZAR het bevestig dat hulle in die toekoms uitbreiding na ander streke sou ondersoek. SANZAR het egter die bestaande Superrugbypakket aan uitsaaiers verkoop vir die periode van 2011 tot 2015, wat beteken dat geen veranderinge aan die formaat toegestaan sou word tot die 2016-seisoen nie.
[4]
In 2013 het Greg Peters, uitvoerende hoof van SANZAR aangekondig dat Superrugby met aanvang van die 2016-seisoen uitgebrei sou word met die insluiting van die Suid-Afrikaanse
Southern Kings
as een van die spanne.
[5]
Vroeg in 2014 het SANZAR bevestig dat Superrugby van 15 na 18 spanne uitgebrei sou word, met Argentinie wat een van die addisionele plekke sou inneem. Dit is bevestig dat Argentinie en die 18de span in die Suid-Afrikaanse Groep sou meeding.
[6]
Asie het na vore gekom as die voorkeurbestemming vir die laaste lisensie en Japan en Singapoer was die grootste mededingers om die konsessie te verkry.
[7]
Met ’n aantal faktore wat in Japan se guns tel ? soos hul plaaslike professionele liga (die Topliga) wat toenemend groot name uit die buiteland lok, die toekenning van die
Rugbywereldbeker 2019
aan Japan en die
Japanse span
wat tot die toptien van die
Wereldrugbyranglys
deurgebreek het vir die eerste keer in hul geskiedenis in 2014
[8]
? is lisensie vir die 18de konsessie gevolglik in Oktober 2014 aan hulle toegestaan.
[9]
? met ’n ooreenkoms dat Singapoer drie van die tuiswedstryde in die Singapoer Sportkern sou aanbied.
[10]
Die nuwe uitgebreide formaat en drie nuwe spanne is in November 2014 amptelik deur SANZAR se Uitvoerende Komitee goedgekeur.
[11]
In April 2015 het die JRVU ’n maatskappy genaamd Japan Superrugbyvereniging gestig wat die bedrywighede van die span sou bestuur. ’n aantal sleutelaanstellings is gemaak; Yoshitaka Tashiro is as voorsitter aangestel, Yuichi Ueno as uitvoerende hoof en Eddie Jones as Direkteur van Rugby.
[12]
Daar was egter weer vraagtekens oor Japan se vermoe om betyds ’n span bymekaar te kry. In Augustus 2015 het Eddie Jones aangekondig dat hy nie die pos van Direkteur van Rugby sou opneem nie na gerugte dat hy hom moontlik by die
Stormers
sou aansluit.
[13]
Daaropvolgende mediaberigte het aangedui dat SANZAR ander planne vir die 2016 Superrugbyseisoen het, met uitsluiting van die Japanse span,
[14]
maar die JRVU het kort daarna gese dat hulle wel aan SANZAR se vereistes voldoen het deur spelers en ander personeel voor einde Augustus aan te stel.
[15]
[16]
Die geldigheid van die ingediende spelerslys is bevraagteken met talle spelers wat nie “noodwendig met die nasionale span geassosieer word nie”. Daar was ook voorstelle dat Topligaspanne versoek het dat hul spelers se wedstrydtyd beperk word gedurende Superrugby en dat Topligawedstryde voorkeur sou geniet.
[17]
Hulle is egter ingesluit in die Superrugbywedstrydlys wat op 28 September 2015 uitgereik is
[18]
[19]
en op 5 Oktober 2015 is bekendgestel dat die span as die Sunwolves bekend sou staan.
[20]
Die volgende tabel som die Sunwolves se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:
Seisoen
|
Pos Alg
|
Pos Groep
|
Gespeel
|
Gewen
|
Gelyk
|
Verloor
|
Punte vir
|
Punte teen
|
+/−
|
BP
1
|
Pte
|
Notas
|
2016
|
18de
|
8ste
|
15
|
1
|
1
|
13
|
293
|
627
|
?334
|
3
|
9
|
|
2017
|
17de
|
8de
|
15
|
2
|
0
|
13
|
315
|
671
|
?365
|
4
|
12
|
|
Sunwolves 2017 Superrugbyspan:
Stutte
Hakers
Slotte
|
|
Losvoorspelers
Skrumskakels
Losskakels
|
|
Senters
Vleuels
Heelagters
|
|
---|
|
Spanne
| |
---|
Vorige Spanne
| |
---|
Super 12-seisoene
| |
---|
Super 14-seisoene
| |
---|
Superrugbyseisoene
| |
---|
Kampioene
| |
---|