Die
Stonewall Inn
, dikwels net
Stonewall
genoem, is ’n gay kroeg in die buurt
Greenwich Village
van
Manhattan
,
New York
. Dit was in
1969
die terrein van die
Stonewall-onluste
, wat algemeen beskou word as die belangrikste enkele gebeurtenis wat in
Amerika
en die wereld tot die gaybevrydingsbeweging en die moderne stryd om
LGBT-regte
gelei het.
[1]
Die oorspronklike kroeg, wat in 1969 gesluit het, was te Christopherstraat 51 tot 53 gelee.
[2]
Die Stonewall het in 1972 onder dieselfde bestuur te 22ste Straat 211 in
Miami Beach
heropen, maar het twee jaar later afgebrand.
[3]
[4]
In 1990 het ’n kroeg as "Stonewall" geopen in die westelike helfte van die oorspronklike gebou in Manhattan (Christopherstraat 53). Die gebied daaromheen is in 1969 verklaar tot die Greenwich Village- historiese distrik en die gebou self is in 2000 verklaar tot ’n nasionale historiese landmerk.
Op 24 Junie 2016 is die Stonewall- nasionale monument afgekondig, die eerste sodanige monument wat aan die LGBT-gemeenskap gewy is.
[5]
Die gebou is aanvanklik tussen 1843 en 1846 as perdestalle gebou. Tydens die verbod op drank het dit gedien as ’n teerestaurant met die naam Bonnie's Stone Wall, genoem na die eienares, ene Bonnie. Dit is later omskep in ’n restaurant met die naam Bonnie's Stonewall Inn. Die naam is nog later verander in Stonewall Inn Restaurant.
[6]
In 1966 het drie lede van die
Mafia
geld in die gebou bele en dit in ’n
gay
kroeg omskep nadat dit ’n restaurant en nagklub vir
heteroseksuele
was. Dit was op sy tyd die grootste gay onderneming in Amerika en gewild onder gays en
lesbiers
. Polisieklopjagte was egter algemeen.
[7]
Een keer per week sou ’n polisieman koeverte met omkoopgeld kom haal; die Stonewall Inn het nie ’n dranklisensie gehad nie. Hoewel die kroeg nie vir
prostitusie
gebruik is nie, het dwelmverkope en ander "geldtransaksies" daar plaasgevind. Dit was die enigste kroeg vir gay mans in New York-stad waar die klante kon dans.
[8]
Dit was die grootste trekpleister vandat dit ’n gay kroeg geword het.
[9]
Polisieklopjagte op gay kroee was volop ? sowat een keer per maand per kroeg. Baie kroee het ekstra drank agter ’n geheime paneel of in ’n motor verder af in die straat gehou sodat sake soos normaal kon voortgaan as die polisie beslag op hul drank gele het.
[10]
Die bestuurders van die kroee het gewoonlik vooraf van die klopjagte geweet danksy wenke van die polisie af, en die klopjagte het vroeg genoeg plaasgevind sodat sake daarna kon voortgaan.
[11]
Die Stonewall-onluste was ’n reeks gewelddadige demonstrasies by die kroeg deur lede van die gay gemeenskap in die vroee oggendure van 28 Junie 1969.
Omstreeks 01:20 het polisiemanne onverwags ’n klopjag op die kroeg uitgevoer.
[12]
Dit het egter nie verloop soos beplan nie. ’n Skare het buite die kroeg begin saamdrom en het mettertyd al hoe groter geword. Die skare het hulle begin teensit en die polisie het hulself naderhand saam met ’n klompie ander mense in die kroeg togesluit vir hul eie veiligheid.
Die laaste strooi was toe ’n gestoei uitbreek met ’n vrou in boeie wat na die vangwa begelei is. Sy het herhaaldelik ontsnap en omtrent 10 minute lank met die polisie baklei. Nadat sy vir die skare geskree het hoekom hulle haar nie help nie en die polisie haar in die vangwa getel het, het die skare woedend en veglustig geraak. Die onluste het voortgegaan todat die Tactical Police Force (TPF) van die New Yorkse polisie opgedaag het om die polisie wat in die kroeg gevange was, te bevry. Hulle het probeer om die mense uit die strate te kry deur ’n falanksformasie te vorm, maar dit het tot 04:00 geduur voordat die orde herstel is.
Die gebeure het gelei tot die eerste
Gay Pride
-optogte in Amerika en elders in die wereld.
Oor die volgende 20 jaar is die terrein gebruik vir verskeie ondernemings, soos ’n bagelwinkel, ’n Chinese restaurant en ’n skoenwinkel. Min mense was bewus van die gebou se geskiedenis en sy verbintenis met die Stonewall-onluste. In die vroee 1990's het ’n nuwe gay kroeg, bloot Stonewall genoem, in die westelike deel van die oorspronklike terrein geopen.
In Junie 1999 het die Amerikaanse departement van binnelandse sake Christopherstraat 51 en 53 en die omliggende gebied aangewys as ’n nasionale historiese landmerk, die eerste een van belang vir die LGBT-gemeenskap. Die gebou is in die laat 1990's gerestoureer en het ’n gewilde nagklub geword. Dit het egter sy deure in 2006 gesluit.
[13]
Intussen is dit in 2000 as ’n nasionale historiese landmerk aangewys. Dit is gelee in die Greenwich Village- historiese distrik, ’n bewaarde gebied.
[14]
In Maart 2007 het die gebou weer sy deure geopen na ’n omvattende restourasie.
[15]
Dit is steeds gewild en bied ’n verskeidenheid shows en deesdae ook gay huweliksonthale aan.
Op 24 Junie 2016 het president Obama die aanwysing van die Stonewall- nasionale monument aangekondig.
[16]
Dit beskerm Christopherstraat en die omliggende gebied. Die terrein van die Stonewall Inn is binne die grense van die monument, maar bly in privaat besit.
[17]
- ↑
National Park Service (2008).
"Workforce Diversity: The Stonewall Inn, National Historic Landmark National Register Number: 99000562"
(in Engels). US Department of Interior.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016
. Besoek op
30 Desember
2008
.
- ↑
"The Stonewall Inn on Christopher Street, interactive Google Street View image and map"
.
Geographic.org/streetview
. Besoek op
27 Junie
2016
.
- ↑
Artikel
Geargiveer
4 Maart 2016 op
Wayback Machine
deur Sandra Hernandez in die
Sun-Sentinel
2004-06-21
- ↑
Artikel
deur Jim Burroway in
Box Turtle Bulletin
2015-07-02
- ↑
Eli Rosenberg (24 Junie 2016).
"Stonewall Inn Named National Monument, a First for the Gay Rights Movement"
.
The New York Times
. Besoek op
24 Junie
2016
.
- ↑
http://www.stonewallvets.org/Stonewall_Era_Club_People_Rebellion.htm#name
- ↑
Carter, David (2005).
Stonewall: The rebellion That Sparked the Gay Revolution
(First uitg.). New York: Macmillan.
ISBN
0-312-34269-1
.
- ↑
Duberman, p. 182.
- ↑
Carter, p. 71.
- ↑
Duberman, p. 183.
- ↑
Duberman, pp. 192?193.
- ↑
"Gale - Enter Product Login"
.
go.galegroup.com
. Besoek op
17 November
2016
.
- ↑
Halbfinger, David M. (29 Julie 1997).
"For a Bar Not Used to Dancing Around Issues, Dancing Is Now the Issue"
.
The New York Times
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 April 2020
. Besoek op
24 Mei
2010
.
- ↑
Weill, Kelly (28 Junie 1969).
"REBNY backs landmark status for Stonewall Inn"
(in Engels). Capital New York. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Oktober 2015
. Besoek op
23 Junie
2015
.
- ↑
"argiefkopie"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 20 Februarie 2015
. Besoek op
22 April
2018
.
- ↑
"President Obama Designates Stonewall National Monument"
(Withuis; 24 Junie 2016)
- ↑
Johnson, Chris (24 Junie 2016).
"Obama designates Stonewall national monument"
.
Washington Blade
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019
. Besoek op
24 Junie
2016
.
- Carter, David (2004).
Stonewall: The Riots that Sparked the Gay Revolution
. St. Martin's Press.
ISBN
0-312-34269-1
.
- Duberman, Martin (1993).
Stonewall
. Penguin Books.
ISBN
0-525-93602-5
.
40°44′02″N
74°00′08″W
/
40.7338°N 74.0021°W
/
40.7338; -74.0021