in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stella Branca
(12 Mei 1931 ? 26 Mei 2020) was ’n
Afrikaanse
skrywer
en
kunstenaar
. Verskeie van haar verhale handel oor die
Namakwalandse
mense en omgewing.
Stella Steenkamp is op 12 Mei 1931 in
Kaapstad
gebore as dogter van die bekende predikant, politikus en chirurg dr.
Willem Petrus Steenkamp
en Antoinetta Catharina Susanna Steenkamp. Beide haar ouers raak ook bekend vir hulle skryfwerk. Vandat sy klein is, gaan sy elke jaar na Namakwaland sodat die droe lug op haar oupa, Tobias Beukes, se plaas by die
Kamiesberg
haar
brongitis
kan verbeter. Sy studeer aan die
Universiteit van Kaapstad
en behaal ’n Diploma in Handelskuns, waarna sy vir vyf jaar by uitgewers werk. In hierdie tyd onderneem sy twee buitelandse reise en studeer ook in die skone kunste in
Parys
in
Frankryk
, waar sy onder andere klas kry in Toulouse Lautrec se ateljee. Sy is vir etlike jare redakteur van die jeugtydskrifte
Bollie
,
Tina
en
Bunny
, waarna sy redakteur word van die
Ou Mutual
se nuusbrief
Mutual Forum
en
Vroueburo-Forum
, wat deur Ou Mutual geborg word. Laasgenoemde nuusbrief voorsien vroue van gratis advies oor finansiele, maatskaplike, opvoedkundige, arbeids en regsaangeleenthede. Nadat sy aangerand word, neem sy lesse in
karate
om haarself te kan beskerm en vorder tot by die tweede Dan (swart gordel) in hierdie sportsoort.
[1]
Sy is in
1950
getroud met ’n Italianer en het drie kinders, twee seuns en ’n dogter, maar is in
1968
geskei. Op grond van haar debuutroman word sy uitgenooi om lid te word van die Afrikaanse Skrywersgilde.
[1]
Benewens Afrikaans en Engels is sy ook
Italiaans
en
Frans
magtig. In
1998
emigreer sy na die
Verenigde State van Amerika
en vestig haar in Yucaipa in San Bernadino. Hier maak sy ’n lewe uit haar kuns deur veral portrette op aanvraag te skilder en ook uitstallings van haar kunswerke te hou.
Die omgewing en mense van
Namakwaland
is die voedingsbron vir haar roman
Sewe maer are
en sy keer telkens terug na hierdie gebied om nog stories te versamel. Die roman speel af teen die agtergrond van die kwaai droogte wat Namakwaland sewe jaar lank tussen
1958
en
1965
geteister het en is gebaseer op vertellings van haar oom, destyds ’n boer in daardie geweste. Die verhaal van die roman is egter yl en die boek kan eerder getipeer word as die aanmekaarvleg van verskeie anekdotes waarmee die karakters aan die leser voorgestel word en die eiesoortigheid van die streek gedokumenteer word.
[2]
Die Leeu van die Noordweste
is die lewensverhaal van haar vader, wat as predikant, dokter en onafhanklike Volksraadslid diep spore getrap het in die gemeenskap. Hierdie verhaal vertel sy ook in Engels, wanneer dit gepubliseer word as
The Maverick
.
Sy vertaal ook werke in Afrikaans, insluitende Hermione Suttner se
Swerwer van die sonland
.
Sy sterf op 26 Mei 2020 in Saratoga Springs,
Utah
aan natuurlike oorsake.
[3]
Sy word oorleef deur haar dogter, Belinda, 'n seun en twee broers.
- 1976
Sewe maer are
- 2002
Die Leeu van die Noordweste
- 2015
The Maverick
- 1980
Swerwer van die sonland
? Hermione Suttner
- Martin, Wille.
Deskundige met baie talente neem voortou
.
Die Transvaler
. 23 April 1982
- Moolman, Elretha.
Willie se ou lady het haar swart gordel.
Beeld
. 29 Julie 1981
Ongepubliseerde dokumente
[
wysig
|
wysig bron
]