한국   대만   중국   일본 
Stawropol - Wikipedia Gaan na inhoud

Stawropol

Koordinate : 45°03′N 41°59′O  /  45.050°N 41.983°O  / 45.050; 41.983
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vir ’n artikel oor die krai met dieselfde naam, sien Stawropol-krai .
Stawropol

Ставрополь
Stad
Vlag van Stawropol
Vlag
Wapen van Stawropol
Wapen
Stawropol is in Strawropol-krai
Stawropol
Stawropol
Ligging van die stad Strawropol in Strawropol-krai
Koordinate: 45°03′N 41°59′O  /  45.050°N 41.983°O  / 45.050; 41.983
Land Vlag van Rusland  Rusland
Deelgebied Stawropol-krai
Stigting 1777
Regering
 ? Tipe Stadsraad
 ? Burgemeester Georgi Koljagin
Bevolking
 ? Totaal 419 816
Tydsone UTC+4:00
Webwerf http://stavropol.stavkray.ru/

Stawropol ( Russies : Ста?врополь) is ’n stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Stawropol-krai . Die bevolking in 2014 was 419 816.

Dit is in 1777 na die Russies-Turkse Oorlog van 1768?1774 gestig as ’n militere kamp en het in 1785 ’n stad geword. [1] Die staatsman prins Grigori Potjomkin het ’n groot rol gespeel in die stigting van die stad. Die Don-Kosakke het hulle daarna in en om die stad gevestig om die grense van die Russiese Ryk te verdedig. [2]

Tsaar Aleksander I het verskeie Armeense gesinne in 1809 genooi om by die fort te gaan woon om handel in die gebied te bevorder. [3] Die stad is in 1935 hernoem tot Worosjilofsk , maar het sy ou naam in 1943 teruggekry. [4]

Die eerste en enigste uitvoerende president van die Sowjetunie , Michail Gorbatsjof , is in Stawropol-krai gebore en het ’n paar jaar lank in Stawropol gewerk as hoof van die krai se administrasie.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Stavkrai" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2010 . Besoek op 24 Februarie 2012 .
  2. stavropol-gorod [dooie skakel]
  3. "Stavropol City Administration" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2010 . Besoek op 24 Februarie 2012 .
  4. "stavkray" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2010 . Besoek op 24 Februarie 2012 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]