in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stanisław Lem
Poolse skrywer, filosoof en essayis
Literere stroming
Wetenskapsfiksie
Beduidende werke
Solaris (1961)
Dominique Signoret:
Die planeet Solaris se twee sonne
Stanisław Herman Lem
[sta??iswav ?l?m] (*
12 September
1921
in
Lwif
(Lemberg), †
27 Maart
2006
in
Krakow
) was 'n
Poolse
skrywer van wetenskaplik gefundeerde
wetenskapsfiksie
met 'n psigologies-filosofiese agtergrond asook filosofiese en satiriese werke. Sy boeke is in 41 tale vertaal en het al meer as 27 miljoen eksemplare verkoop sodat Lem as een van die mees gelese wetenskapsfiksie-skrywers buite die
Engelse
taalgebied beskou word.
[1]
Lem, wat aanvanklik as arts en in die 1970's tydelik as dosent vir Poolse literatuur in Krakow werksaam was, het veral met sy wetenskapsfiksie-roman
Solaris
(1961) bekendheid verwerf. Hierdie boek is drie keer verfilm - as televisiefilm (1968) en - vir die silwerdoek - deur die Sowjet-Russiese meesterregisseur
Andrei Tarkofski
(1972). Die Oscar-wenner Steven Soderbergh het die roman nog eens in 2002 verfilm. George Clooney vertolk die hoofrol in die
Amerikaanse
rolprent.
In sy werke het Lem, wat as universele geleerde beskou kan word, veral filosofiese onderwerpe behandel, maar dikwels ook sy omvattende
kubernetiese
en psigologiese kennis verwerk. Sentraal gestaan het spekulasies oor
tegnologie
, die wese van
intelligensie
, die onmoontlikheid om wedersydse kommunikasie en verstaan te bewerkstellig, die wanhoop oor menslike beperkinge en die mensheid se plek in die heelal. Sommige van sy werke is as fiksie geskryf, terwyl ander as
essays
of filosofiese boeke gepubliseer is.