한국   대만   중국   일본 
Stade de Gerland - Wikipedia Gaan na inhoud

Stade de Gerland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stade de Gerland
Stade de Gerland

UEFA

Die Stade de Gerland voor die wedstryd tussen Australie en Japan tydens die Rugbywereldbeker 2007

Bynaam Le Temple
Volle naam Stade Gerland
Ligging 353, Avenue Jean-Jaures, 69007 VII de Arrondissement , Lyon , Frankryk
Koordinate 45°43′25.6″N 4°49′56.1″O  /  45.723778°N 4.832250°O  / 45.723778; 4.832250 Koordinate : 45°43′25.6″N 4°49′56.1″O  /  45.723778°N 4.832250°O  / 45.723778; 4.832250
Eienaar Stad Lyon
Operateur Stad Lyon
Kapasiteit 43 051
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1913
Gebou 1914
Geopen 1926
Uitgebrei 1960, 1980, 1998
Boukoste 32,7 m
(insluitend renovasies)
Argitek Tony Garnier
Rene Gagis (renovasie)
Huurders
Olympique Lyonnais (Ligue 1)
(1950?2015)

Die Stade de Gerland is die hoofsportmiddelpunt van die Franse stad Lyon . Die stadion wat in die Gerlandkwartier gelee is het tussen 1950 en 2015 as tuisveld van Olympique Lyonnais gebruik. Die stadion is vir sommige van die wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984 , FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1998 , FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 en Rugbywereldbeker 2007 gebruik.

Lugbeeld van die Stade de Gerland
Wedstryd tussen Australie en Japan tydens die Rugbywereldbeker 2007

Bouwerk aan die stadium, ontwerp deur die Lyonse inwoner Tony Garnier, het in 1913 'n aanvang geneem. Konstruksie is egter kort daarna deur die uitbraak van die Eerste Wereldoorlog onderbreek. Na die einde van die oorlog is konstruksie in 1919 met die hulp van 'n groot aantal Duitse krygsgevangenes hervat. Die stadium was teen 1920 ten volle funksioneel.

Oorspronklik het die stadion geen onderdaksitplekke gehad nie en aansienlike herbouings is mettertyd aangebring. In 1960 moes die fietsrybaan wat om die sokkerveld geloop het opgeoffer word om die sitplekkapasiteit na meer as 50 000 te vermeerder. In 1984 het die aantal toeskouers 51 680 vir sekere Europese Sokkerkampioenskapwedstryde gehaal.

Vedere renovasies was nodig vir die FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1998 aangesien FIFA teen daardie tyd daarop aangedring het dat alle stadiums wat vir internasionale wedstryde, insluitend Wereldbekerwedstryde, sitplekke vir alle toeskouers moes he. Die noord- en suidpawiljoene is geheel en al gesloop en die atletiekbaan wat oorgebly het na die fietsrybaan verwyder is moes ook afgestaan word. Die nuwe inkarnasie van Gerland het 'n maksimumkapsiteit van 43 051 bereik.

Die stadium bestaan tans uit twee hoofpawiljoene: 'n noord- en suidpawiljoen. Daar is ook twee kantpawiljoene: Die tribune Jean Jaures en die tribune Jean Bouin .

Tussen 1950 en 2015 was die stadion die tuiste van Olympique Lyonnais wat 'n nuwe veld nodig gehad het toe dit afgeskei het van Lyon Olympique sportklub wat by die Stade des Iris gespeel het.

In 1967 is die stadion as 'n historiese monument verklaar met veral die boogingange wat as bewaringswaardig beskou word.

Die rekordbywoning vir 'n Ligue 1 wedstryd is 48 552 vir 'n wedstryd tussen Olympique Lyonnais en AS Saint-Etienne in 1982.

Tydens die FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1998 het die stadion vyf groepwedstryde aangebied.

Tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 het 'n tragedie hom op die stadion afgespeel tydens die halfeindstryd tussen Kameroen en Colombia toe die Kameroense middeveldspeler Marc-Vivien Foe op die veld ineengestort het en kort daarna in die hospitaal gesterf het.

In 1972 is die Rugby League Wereldbekereindstryd by die stadion gehou.

Olympique Lyonnais het in 2015 sy tuisveld na die nuwe stadion Parc Olympique Lyonnais geskuif.

Wedstryde [ wysig | wysig bron ]

Europese Sokkerkampioenskap 1984 [ wysig | wysig bron ]

Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 1984 .
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
16 Junie 1984 20:30 Vlag van Denemarke  Denemarke 5?0 Vlag van Joego-Slawië  Joego-Slawie Groep A 24 736
24 Junie 1984 20:00 Vlag van Spanje  Spanje 1?1 (5?4 straf. ) Vlag van Denemarke  Denemarke Halfeindstryd 47 843

FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1998 [ wysig | wysig bron ]

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1998 .
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
13 Junie 1998 17:30 Vlag van Suid-Korea  Suid-Korea 1?3 Vlag van Meksiko  Meksiko Groep E 39 100
15 Junie 1998 17:30 Vlag van Roemenië  Roemenie 1?0 Vlag van Colombia  Colombia Groep G 37 572
21 Junie 1998 21:00 Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State 1?2 Vlag van Iran  Iran Groep F 39 100
24 Junie 1998 16:00 Vlag van Frankryk  Frankryk 2?1 Vlag van Denemarke  Denemarke Groep C 39 100
26 Junie 1998 16:00 Vlag van Japan  Japan 1?2 Vlag van Jamaika  Jamaika Groep H 39 100
4 Julie 1998 21:00 Vlag van Duitsland  Duitsland 0?3 Vlag van Kroasië  Kroasie Kwarteindstryd 39 100

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 [ wysig | wysig bron ]

Hoofartikel: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 .
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
18 Junie 2003 21:00 Vlag van Frankryk  Frankryk 1?0 Vlag van Colombia  Colombia Groep A 38 541
20 Junie 2003 19:00 Vlag van Colombia  Colombia 3?1 Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland Groep A 22 811
21 Junie 2003 21:00 Vlag van Brasilië  Brasilie 1?0 Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State Groep B 20 306
23 Junie 2003 21:00 Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State 0?0 Vlag van Kameroen  Kameroen Groep B 19 206
26 Junie 2003 18:00 Vlag van Kameroen  Kameroen 1?0 Vlag van Colombia  Colombia Halfeindrondte 12 352

Rugbywereldbeker 2007 [ wysig | wysig bron ]

Hoofartikel: Rugbywereldbeker 2007 .
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
8 September 2007 15:45 Vlag van Australië Australie 91?3 Vlag van Japan Japan Groep B 40 043
11 September 2007 20:00 Vlag van Argentinië Argentinie 33?3 Vlag van Georgië Georgie Groep D 40 240
15 September 2007 13:00 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 108?13 Vlag van Portugal Portugal Groep C 40 729

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]