in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
ligsnelheid
, of
spoed van lig
, is 3×10
8
m·s
-1
of 299 792 458 meter per sekonde in 'n
vakuum
en word uitgedruk as
c
. Wanneer lig deur 'n digter medium beweeg, byvoorbeeld glas of
optiese vesel
, verlaag die ligsnelheid en die verskynsel veroorsaak
ligbreking
of refraksie.
Tot die vroee moderne tyd was dit onbekend of lig 'n snelheid het. Die algemene konsensus was dat lig terstond van een punt na 'n ander beweeg. Maar namate tegnologie en tegnieke ontwikkel het, is bevestig dat lig wel 'n snelheid het.
Die bevinding van ligsnelheid
[
wysig
|
wysig bron
]
Die eerste persoon wat bevestig het dat lig wel 'n snelheid het, was Ole Rømer, 'n Deense
sterrekundige
wat in die
Observatoire de Paris
gewerk het. Sy eksperiment is gebaseer op die verduistering van
Io
, die binneste maan van
Jupiter
. Rømer het begin met 'n demonstrasie van
grootteorde
waarin hy gedemonstreer het dat lig se snelheid so groot is dat dit in minder as 'n sekonde so ver kan beweeg as wat die deursnee van die Aarde is.
Punt L op die diagram verteenwoordig die tweede kwarter van Jupiter - wanneer die hoek tussen Jupiter en die Son (van die Aarde af gesien) 90° is. Die eerste kwarter is gebruik as gevolg van die wegbeweging van Jupiter deur die Aarde - en sou dus 'n meer doeltreffende effek he. Rømer neem aan dat die waarnemer Io kan sien op die tweede kwarter (
L
), en die opkoming wat plaasvind na een omwenteling van Jupiter (wanneer die Aarde op punt
K
is; die diagram is nie op skaal nie), 42½ uur later is. In die tyd beweeg die Aarde weg van Jupiter - in 'n afstand gelykstaande aan 210 maal die Aarde se deursnee en word verteenwoordig deur
LK
. As lig met 'n snelheid van een aardse deursnee 'n sekonde beweeg, sal dit 3½ minute duur om die afstand van
LK
te beweeg. En as die onveranderlike periode van Io se omwenteling om Jupiter as bewysstuk gebruik word - sal die tydsverskil tussen die waarneminge van L en die waarneming van K, verskil met die waarde van 3½ minute.