’n
Sperm
(meervoud: sperma) is ’n manlike geslagsel of
gameet
. Dit word ook ’n
spermatosoon
(meervoud: spermatosoa) genoem, van die
Griekse
woorde σπ?ρμα, "saad", en ζ?ον, "lewende wese".
Die menslike spermsel is
haploied
en bevat dus slegs die helfte soveel
chromosome
as die liggaamselle van die vader. Dit moet dus saamsmelt met die vroulike gameet, die
ovum
(eiersel), om bevrugting te bewerkstellig en ’n
sigoot
te vorm wat gewoonlik verder tot ’n
embrio
ontwikkel. Die sigoot is dus ’n
diploiede
sel met ’n volledige getal chromosome (twee halwe stelle, een van elke ouer).
In die mens bevat elke gameet, manlik of vroulik, ’n unieke geslagschromosoom wat tydens bevrugting die geslag van die sigoot bepaal. Die eiersel sal altyd ’n
X-chromosoom
bydra, maar ’n spermsel kan ’n X- of
Y-chromosoom
bevat. As die sperm wat die ovum bevrug ’n X-chromosoom het ('n 50/50-kans), sal die sigoot vroulik wees met ’n
genotipe
"XX". As die sperm egter ’n Y-chromosoom bevat, sal die sigoot manlik wees met die genotipe "XY".
Die sperma van diere word vervaardig deur
spermatogenese
in die manlike geslagskliere (
testes
/testikels) deur middel van
meiotiese
selverdeling. Dit word na buite die liggaam vervoer in ’n vloeistof bekend as
semen
tydens ’n proses bekend as
ejakulasie
. Elke dier se sperma lyk mikroskopies effens anders en het unieke eienskappe. Die morfologie van die kopgedeelte is dikwels kenmerkend van ’n sekere spesie, hoewel die spoed waarteen die sel swem, hoe lank die selle buite die manlike liggaam leef en die getal selle in ’n millileter semen alles eienskappe is wat tussen spesies verskil.
'n Spermsel bestaan uit ’n kop, middelstuk en stert.
Die kop word omring deur die kapselstruktuur genaamd die
akrosoom
, wat ensieme bevat wat penetrasie van die ovum moontlik maak. Dit bevat ook die
selkern
met die dig verpakte chromatienvesels (
DNA
) wat uiteindelik tydens bevrugting in werking tree.
Die middelstuk het ’n sentrale filamentagtige kern met baie
mitochondria
wat dit omring. Die groot getal mitochondria is nodig om
ATP
('n energieryke molekule) te vervaardig wat die reis deur die vroulike geslagstelsel tot by die eiersel moontlik maak.
Die stert, of
flagellum
, voer voortdurende swiepbewegings uit wat die spermatosoon vorentoe dryf.