in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sop
|
|
Soort gereg
|
Sop
|
Hoofbestanddeel
|
Aftreksel, water
|
Ander bestanddele
|
Vleis, groente, ens.
|
Variasies
|
Helder sop, dik sop
|
Sop
is ’n hoofsaaklik vloeibare
kossoort
wat gewoonlik warm voorgesit word, maar ook koud kan wees. Bestanddele is
vleis
of
groente
met aftreksel, sap, water of ’n ander vloeistof. Warm sop word ook gekenmerk deur die kook van vaste bestanddele in ’n vloeistof totdat die geur onttrek is.
Soppe word tradisioneel verdeel in twee hoofgroepe: dik en helder sop. Die gevestigde
Franse
klassifikasies van helder sop is
bouillon
en
consomme
. Dik soppe word geklassifiseer na gelang van die verdikkingsmetode wat gebruik is:
purees
is groentesop wat met
stysel
verdik is;
bisques
is gemaak van
skulpvis
of groente en verdik met
room
; roomsoppe kan verdik wees met
bechamelsous
, en
veloutes
word verdik met
eiers
,
botter
en room.
Soppe is soortgelyk aan bredies en soms is die onderskeid klein, maar soppe bevat gewoonlik meer vloeistof as bredies.
[1]