Soogdiere
is enige van 'n verskeidenheid warmbloedige
vertebrata
diere van die klas
Mammalia
, insluitend
mense
.
Vandag is daar ongeveer 5 000 spesies wat tot 26
ordes
behoort.
[1]
Alle huidige soogdiere word deur ses eienskappe gekenmerk:
- hulle het
ore
wat drie klein beentjies bevat
- die onderkaak bestaan net uit een been
- hulle het
melkkliere
en die kleintjies word met moedersmelk gevoed
- hulle het hare, hoewel dit nie die hele lyf hoef te bedek nie
- hulle het 'n
hart
met vier kamers, hoewel dit by die
monotremata
nie heeltemal volledig is nie, en
- hulle is
warmbloedig
, hoewel monotremata 'n laer temperatuur het.
Die meeste word ook gekenmerk daardeur dat hul lewend deur hul moeders gebaar word, maar daar is soogdiere wat
eiers
le.
Meeste soogdiere leef op land, alhoewel daar ook soogdiere is wat in die
oseaan
leef, soos die
dolfyn
en
walvis
. Die enigste vlieende soogdier is die
vlermuis
. Suid-Afrika het die vinnigste landsoogdier, naamlik die
jagluiperd
. Suid-Afrika het ook die langste soogdier, die
kameelperd
en die grootste landsoogdier, die Afrika-
olifant
.
Die naam "soogdiere" is gegee op grond daarvan dat die moeders hul kleintjies vir ʼn wisselende tyd met melk, afkomstig van die melkkliere, voed. Die diere toon ook 'n groot mate van ouersorg, wat noodsaaklik is vir die fisieke en gedragsontwikkeling van die jong diere.
Soogdiere van die klas
Mammalia
is een van die werweldierklasse (subphylum
Vertebrata
). Hierdie soogdiere se voorouers was soogdieragtige reptiele (subklas
Synapsida
, orde
Therapsida
) en die diere het tydens die
Perm
en
Trias
tydperke (280 tot 190 miljoen jaar gelede) geleef. Die
Therapsida
het aan die einde van die Trias uitgesterf, maar het toe reeds as klein,
knaagdieragtige
diertjies bestaan.
Die
dinosouriers
het hulle heeltemal tydens die
Jura
en die
Kryt
oorheers, hoewel groot getalle van die diertjies blykbaar gedurende die tyd verder ontwikkel het. Die soogdiergeskiedenis is egter nie goed bekend nie, omdat daar tot dusver min
fossiele
uit die tydperk gevind is. Fossiele van
buideldiere
(infraklas
Metatheria
) en plasentale soogdiere (infraklas
Eutheria
) is in gesteentes, afkomstig uit die
Tersier
, gevind, wat daarop dui dat die twee soogdierlyne reeds apart bestaan het.
Die buideldiere van daardie tyd het soos die hedendaagse
opossums
gelyk, terwyl die plasentale diere insekte-eters was wat soos groot
spitsmuise
gelyk het. Die soogdiere het aan die begin van die
Mioseen
(26 miljoen jaar gelede) die dominante klas
gewerwelde
diere gevorm. Drie groepe lewende soogdiere kan onderskei word: die eierleende soogdiere (subklas
Prototheria
, orde
Monotremata
), die buideldiere (subklas
Theria
, infraklas
Metatheria
, orde
Marsupialia
) en die plasentale soogdiere (subklas
Theria
, infraklas
Eutheria
)
Soogdiere kan in teenstelling met reptiele, 'n konstante liggaamstemperatuur handhaaf. Die gemiddelde liggaamstemperatuur is ongeveer 37 °C en enige skerp daling of styging kan tot hul dood lei. 'n Doeltreffende bloedsomloopstelsel is nodig om ʼn konstante liggaamstemperatuur te handhaaf. Die hart bestaan uit twee gedeeltes wat heeltemal van mekaar geskei is en elk is in twee kamers verdeel.
Die linker- en regtervoorkamers word die atria genoem en die ander twee die ventrikels. Die atria en die ventrikels word met behulp van kleppe aanmekaar verbind. Die regterventrikel pomp suurstofarme bloed na die longe, waar gaswisseling plaasvind. Suurstofryke
bloed
keer na die linkeratrium terug, waar dit deur die linkerventrikel weer na die res van die liggaam gepomp word om die weefsels daar van suurstof te voorsien.
Gaswisseling vind in die weefsels plaas, waardeur warmte vrygestel word. Die tempo waarteen
metabolisme
plaasvind is afhanklik van die omgewingstemperatuur- 'n vinnige metabolisme vind in 'n koue omgewing plaas, sodat warmtevoorsiening vir die dier optimaal bly. Die verlies van liggaamswarmte word deur 'n huidbedekking van hare beperk. Die hare verskaf ʼn doeltreffende isolasie teen die omgewing. Diere met 'n dun haarbedekking soos walvisse en dolfyne het 'n onderhuidse speklaag wat as isolasie dien.
Soogdiere raak van oortollige liggaamshitte ontslae deur meer bloed na die onderhuidse bloedvate te kanaliseer ten einde meer warmte uit te straal. Die huid is ook op plekke van sweetkliere voorsien. Die liggaam kan verder hitte verloor deur die verdamping van sweet op die oppervlak. 'n Aantal ander kliere kom ook in die vel voor, soos olie- en geurkliere. Laasgenoemde skei kenmerkende reuke af wat gebruik word vir die identifisering van genera en spesies, terwyl dit ook gebruik kan word vir die afbakening van territoriums.
Die ligging van die geurkliere kan van spesie tot spesie verskil. Die onderkaak of mandibula van soogdiere bestaan slegs uit twee bene, die tandlysbene, wat aan die voorpunt van die ken aanmekaar geheg is. Dit artikuleer met die skedel by ʼn gewrigsvlak op die skwamosaalbeen of platbeen, terwyl die skedel met behulp van twee oksipitale kondiele met die nekwerwels artikuleer. Die skedel bevat ook minder bene in vergelyking met ander werweldiere, terwyl die wangbeen (sigomatiese boog, ʼn kombinasie van die skwamosaalbeen en jugale uitgroeisels) goed ontwikkel is.
Soogdiere se breinkapasiteit is ook vergroot, wat tot die vergroting van die voorste breingedeelte gelei het. Dit het veroorsaak dat die diere kan leer om hul gedrag by veranderlike omstandighede aan te pas, en dat hul gedrag dus nie meer net tot onveranderlike, aangebore gedragspatrone of instink beperk is nie.
Soogdiere se sintuie is goed ontwikkel. Hul ore is doeltreffende gehoororgane met 'n ingewikkelde struktuur wat diep in die skedel gelee is.
Karnivore
en daglewende diere se oe is besonder goed ontwikkel, terwyl ander s'n swak is en by die blindemol (
Spalax
) heeltemal ontbreek.
Die soogdiergebit is baie gespesialiseer om by hul dieet aan te pas, en daarom het soogdiere net twee stelle tande in hul leeftyd, naamlik melk- en permanente stelle. Volwasse diere het hoogstens drie snytande, een hoektand, vier voormalers en drie malers per kaakhelfte. Die meeste ordes het egter minder as 44 tande en die tandvorms kan ook na gelang van die diere se dieet wissel. Herbivore het goed ontwikkelde malers, karnivore het sterk hoektande en snyende voormalers, terwyl visetende diere, soos die tandwalvisse en
dolfyne
(orde
Odontoceti
), se tande almal dieselfde struktuur het.
Die baleinwalvisse (orde
Mystacoceti
) se kleintjies word met tande gebore, maar dit word kort daarna deur ʼn aantal horingplate of baleine vervang, wat dan hul voedsel (
plankton
) uit die water sit. Die gebit kan ook by sommige ordes met gespesialiseerde diete (byvoorbeeld insekte-eters) gedeeltelik of heeltemal ontbreek. Die bewegingsledemate van soogdiere is direk onder hul liggame gelee, terwyl reptielliggame as 't ware tussen hul pole hang. Dit veroorsaak dat soogdiere doeltreffender as reptiele beweeg.
Die oorspronklike soogdiere het vyf vingers en vyf tone aan die uiteindes van hul ledemate gehad. Die ledemate het gedurende die soogdierevolusie baie veranderinge ondergaan en groot afwykings van die basiese plan kan tussen die verskillende ordes waargeneem word. Sommige ordes toon ʼn vermindering in die aantal vingers en tone, terwyl die aantal vingerkootjies baie by seelewende soogdiere toegeneem het ten einde die handoppervlakte te vergroot. Hoefdiere se ledemate word vir voortbeweging gebruik, terwyl ander diere se voorste ledemate ook as gryporgane gebruik word en dus groter vryheid van beweging moet he.
Voortplanting en ouersorg
[
wysig
|
wysig bron
]
Die kleintjies van visse,
amfibiee
en
reptiele
word nie deur hul ouers versorg nadat hulle uitgebroei het nie, terwyl die kleintjies van soogdiere en voels vir 'n tydperk na geboorte versorg word. Ouersorg is belangrik vir die liggaamlike en gedragsontwikkeling van die jong diere, omdat hulle aangebore gedragspatrone deur 'n leerproses aangevul word. Die moeder dra in baie gevalle haar ervaring aan haar kleintjies oor. Navorsing met sommige spesies het getoon dat kleintjies wat in 'n vroee stadium van hul moeders verwyder is, afwykende sosiale en seksuele gedrag toon.
Roofdierwyfies leer hul kleintjies ook hoe om te jag en hul prooi dood te byt, maar die kleintjies wat sonder moeders grootgemaak is, vang moeilik hul prooi. Die enigste eierleende soogdiere (
oviparie
) is die voelbekdiere (orde
Monotremata
). Die oorblywende twee groepe soogdiere baar hul kleintjies lewendig
(viviparie
). Die moederdier word inwendig bevrug en die embrionale ontwikkeling vind ook in haar plaas. Nadat die dooierlose eiersel bevrug is (nou die
sigoot
), word dit met die eierleiers na die
baarmoeder
(uterus) vervoer en in die baarmoederwand ingeplant (implantasie).
Die uitruiling van voeding- en afvalstowwe tussen die embrio en die moeder vind deur middel van die
plasenta
plaas. Die plasentastruktuur wissel baie tussen die verskillende ordes en is oor die algemeen afwesig by die
Monotremata
en buideldiere. Na geboorte word die kleintjies met melk gevoed, wat van spesiale melkkliere afkomstig is. Die melkkliere open in die tepels en die aantal, sowel as die ligging daarvan wissel baie in die verskillende ordes.
Slegs die wyfies produseer melk. Soogdierkleintjies word in verskillende stadia van ontwikkeling gebore. Buideldierkleintjies (orde
Marsupialia
) verkeer tydens geboorte nog in 'n embrionale toestand. Hulle ondergaan verdere ontwikkeling in 'n huidplooi, die buidel, waar hulle aan 'n tepel vasgeheg is. Die kleintjies van ander ordes, soos knaagdiere en roofdiere, word in 'n onderontwikkelde toestand gebore (altrisieel). Die kleintjies van die
primate
, byvoorbeeld ape, moet ook vir 'n lang tyd deur die ouers versorg word. Die kleintjies van hoefdiere word volledig ontwikkeld gebore (prekosiaal) en hulle kan enkele ure na geboorte reeds saam met die kudde beweeg.
Moderne soogdiere word in 2 subklasse ingedeel: die subklas
Prototheria
, waarin die eierleende soogdiere die orde
Monotremata
vorm, en die subklas
Theria
. Twee infraklasse word in die subklas
Theria
onderskei. Die infraklas
Metatheria
bevat die buideldiere (orde
Marsupialia
), terwyl die plasentale soogdiere tot die infraklas
Eutheria
behoort. In die infraklas word 16 ordes aangetref.
-4500 —
–
-4000 —
–
-3500 —
–
-3000 —
–
-2500 —
–
-2000 —
–
-1500 —
–
-1000 —
–
-500 —
–
0 —
(Miljoen jaar gelede)
Die soogdiere het 'n lang geskiedenis. Hulle stam van die Cynodonta, wat tot die
Therapsides
behoort, 'n groep wat reeds voor die dinosourusse bestaan het. Tydens die
mesosoikum
het daar baie groepe soogdiere bestaan, die meeste van hulle was nie groter as 'n muis nie en heelparty van hierdie vorme het aan die
Kryt-Paleogeen
-grens uitgesterf. Van die mesosoiese groepe soos die
Multituberculata
,
Gondwanatheria
en Dryolestida het hierdie uitwissing wel oorleef, maar het later uitgesterf.
'n Vereenvoudigde stamboom sien so uit:
[2]
[3]
Daar is drie groepe wat KT-uitwissing oorleef het en vandag steeds bestaan:
- die
Monotremata
-wat eiers le-,
- die
Marsupialia
-wat die kleintjies in 'n buidel dra-
- die grootste groep: die
Placentalia
, wat beter ontwikkelde kleintjies kry omrde hul 'n nuwe orgaan het: die plasenta.
Deur genetiese navorsing het dit duidelik geword dat die Placentalia in vier groepe verdeel kan word en in watter tydperk hulle ongeveer ontstaan het: die laat Kryt. Saam met die Monotremata en die Marsupialia is daar dus ses groepe huidige soogdiere.
[4]
Die oudste groep wat reeds in die
Trias
, ongeveer 223 mj gelee ontstaan het, is die
Monotremata
. Hulle is die
eendbekdier
en die
mierystervarke
. Hierdie soogdiere is die enigste wat steeds eiers le en 'n laer liggaamstemperatuur het. Hulle is ook die enigste nie-Theria wat steeds bestaan. Hulle produseer melk en soog die kleintjies as sy uit die eier gekruip het, maar die moeder het geen tepels nie.
Vandag word hulle steeds net in
Australie
en op
Nieu-Guinea
aangetref. Daar is egter 'n fossiel van hulle uit die
paleoseen
van
Argentinie
gevind.
[5]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
buideldier
.
Ongeveer 164 miljoen jaar gelede het die Theria verdeel in die Metatheria en die Eutheria. Nasate van die Metatheria, die Marsupialia of
buideldiere
word vandag -soos die
kangaroe
of die
Tasmaniese duiwel
- steeds in Australie en in Suid-Amerika aangetref. Noord-Amerika het ook een buideldier, die opossum. Hulle kry lewende jonge, maar die kleintjies is baie onderontwikkeld en bly in die ma se buidel tot hulle groter geword het. Hulle suig vas aan 'n tepel.
Daar is sewe ordes, waarvan drie in Suid-Amerika en vier in Australie gevind kan word.
Placentalia_93
|
Atlantogenata_90
|
|
Xenarthra_67
|
|
|
Afrotheria_73
|
|
|
|
Boreoeutheria_85
|
|
Euorchontoglires_77
|
|
|
Laurasiatheria_78
|
|
|
|
|
|
By die
Eutheria
, wat ongeveer 164 mj gelede verskyn, het 'n belangrike ontwikkeling plaasgevind. 'n Nuwe
orgaan
, die
plasenta
, het die verbinding tussen die moeder en die fetus moontlik gemaak. Daardeur kon die kleintjie langer in die baarmoeder bly. Soogdiere wat se voortplanting 'n plasenta gebruik word die Placentalia genoem. Hulle is die grootste groep huidige soogdiere. Behalwe op
Australie
en
Antarktika
kom hulle op alle kontinente en in alle oseane voor.
In die
Kryt-tydperk
het die kontinente verder verbrokkel en daardeur het verskeie groepe Placentalia gevorm. Dit is moeilik om die presiese volgorde hiervan te bepaal, maar die nuuste werk van Tarver et al. (2015) se dat eers (ongeveer 93 mj gelede) 'n noordelike groep, die Boreoeutheria, afgestig is van Gondwana s'n, die Atlantogenata. Daarna is die Atlantogenata omstreeks 90 mj verdeel in 'n Suid-Amerikaanse groep die Xenarthra en 'n Afrikaanse groep die Afrotheria. Die noordelike Boreoeutheria het later (ca. 87 mj) vertak in die Euarchontoglires en die Laurasiatheria.
Atlantogenata_90
|
|
Xenarthra_67
|
|
|
Afrotheria_73
|
|
|
|
Die Atlantogenata het op die suidelike kontinent
Gondwana
ontstaan, wat na 'n paar miljoen jaar in Suid-Amerika (met die Xenarthra) en Afrika (met die Afrotheria) verder verbrokkel is.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Xenarthra
.
Van hierdie Suid-Amerikaanse tak het net twee ordes oorgebly:
- Pilosa - die miervreters en die
luiaards
- Cingulata - die
gordeldiere
Hulle kom in Suid-Amerika voor, hoewel die armadillo ook in die Verenigde State aangetref kan word.
Aan die einde van die laaste Ystyd het baie megavorme verdwyn.
Megalocnus
het dalk 5000 jaar gelede nog op Kuba geleef. Daar word gedink dat die mens hierdie vorme uitgewis het.
[6]
Afrotheria
|
Paenungulata
|
|
|
Afroinsectiphilia
|
|
Tubulidentata
|
|
|
|
Macroscelidea
|
|
Afrosoricidea
|
|
Chrysochloridae
|
|
|
Tenrecoidae
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Afrotheria
.
Die Afrikaanse kontinent was lank 'n eilandkontinent en hierdie Afrikaanse tak van die Atlantogenata se nasate het daar ses ordes gevorm:
- Sirenia (lamantyne) --
lamantyne
en doegongs
- Hyracoidea (dassies) -- die
dassies
- Proboscidea (slurpeters) -- die
olifante
- Tubilidentata (buistandige) -- die
erdvark
- Macroscelidae (klaasneuse) -- die
klaasneuse
- Afrosoricidea (tenreks, gouemolle)
Die meeste Afrotheria word ook vandag in Afrika aangetref, maar die slurpeters en
lamantyne
het hulle voorkomsgebied oor die res van die wereld uitgebrei. Baie van hulle -soos die
mammoet
- het egter later uitgesterf.
Daar is lank gedink dat die Afrosoricida en die Eulipotyhpla (sien onder) tot een orde behoort, die Insectivora, maar genetiese inligting het getoon dat dit glad nie waar is nie. Gouemolle en
molle
het amper dieselfde lewenswyse en sien amper dieselfde daar uit, maar die een behoort tot die suidelike Atlantogenata en die ander tot die noordelike Boreoeutheria.
Boreoeutheria_85
|
|
Euarchontoglires_77
|
|
|
Laurasiatheria_78
|
|
|
|
Die Placentalia op die noordelike kontinente, die Boreoeutheria het omstreeks 85 mj gelede in twee groepe vertak. Vandag kan hulle nasate op alle kontinente behalwe Antarktika en ook in al die oseane aangetref word.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Laurasiatheria
.
- Eulipotyphla
?molle,
krimpvarkies
,
skeerbekmuise
- Cetartiodactyla
--
kamele
,
seekoeie
,
walvisse
,
beeste
,
bokke
,
skape
- Perissodactyla
--
perde
,
esels
,
sebra
's,
renosters
, tapirs
- Chiroptera
?vlermuise is die enigste Placentalia wat kan vlieg en ook in Australie en Nieu-Seeland aangetref kan word.
- Carnivora
--
katte
,
honde
,
bere
,
seehonde
,
- Pholidota --
ietermagog
Daar is lank gedink dat die walvisse en dolfyne 'n eie orde Cetacea vorm en seehonde die orde Pinnipeda, maar genetiese navorsing het bewys dat die walvisse taamlik verwant aan
seekoeie
is en binne die Cetartiodactyla orde behoort; saam met kamele, wildsbokke en skape. Seehonde behoort ook in een orde saam met leeus en wolwe.
Die Eulipotyphla is lank saam met die Afrosoricida in een orde Insectivora geplaas, maar genetika het bewys dat dit op gesigsbedrog berus.
In Suid-Amerika het lank 'n hoefdierorde Meridiungulata bestaan, wat in die laaste Ystyd uitgesterf het. Genetiese navorsing op fossielreste dui aan dat ook hierdie groep tot die Laurasiatheria behoort en dalk aan perde en renosters verwant was.
[7]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Euarchontoglires
.
- Rodentia
?knaagdiere: muise, rotte,
ystervark
- Lagomorpha
--
hase
, konyne, pika's
- Scandentia --
boomspitsmuise
- Dermoptera
?kolugo's
- Primates
--
nagapies
,
ape
,
mense