in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sombrerosterrestelsel
|
|
Messier 104, of die Sombrerosterrestelsel.
Bron: HST/NASA/ESA
|
Soort stelsel
|
Spiraalsterrestelsel
|
Sterrebeeld
|
Maagd
|
Messier-naam
|
Messier 104
|
Tipe
|
SA(s)a; LINER
|
Waarnemingsdata
(
Epog J2000
)
|
Regte klimming
|
12
h
39
m
59,4
s
|
Deklinasie
|
-11º 37' 23"
|
Skynmagnitude
|
8,98
|
Besonderhede
|
Afstand
(
ligjaar
)
|
29,3 miljoen
|
Skynbare grootte
|
8′,7 × 3′,5
|
Rooiverskuiwing
|
0,003416
|
Ander name
|
NGC 4594, PGC 42407, UGC 293, GC3132
|
|
Die
Sombrerosterrestelsel
(ook bekend as
Messier 104
of
NGC 4594
) is ’n
spiraalsterrestelsel
sowat 28 miljoen
ligjare
van die
Aarde
af in die
sterrebeeld
Maagd
.
Die sterrestelsel is in 1767 deur
Pierre Mechain
ontdek en
Charles Messier
het dit saam met vyf ander voorwerpe (wat nou saam bekend staan as M104 ? M109) aangeteken.
William Herschel
het dit in 1784 onafhanklik ontdek en die teenwoordigheid van ’n "donker stratum" in die stelsel se skyf aangeteken. Dit is nou bekend as ’n stofbaan.
[1]
[2]
Camille Flammarion het in 1921 Messier se persoonlike lys
Messier-voorwerpe
gevind en dit het handgeskrewe aantekeninge oor die Sombrerosterrestelsel bevat. Dit is geidentifiseer as NGC 4594 en Flammarion het verklaar dat dit in die
Messier-katalogus
van
komeetagtige
voorwerpe opgeneem moet word.
[2]
Dit is sedertdien ook bekend as Messier 104 of M104.
Die sterrestelsel het ’n helder kern, ’n buitengewoon groot sentrale bol en ’n prominente stofbaan om hom. Die bol en die stofbaan laat dit soos ’n
sombrero
lyk. Die meeste van die koue atomiese
waterstofgas
[3]
en stof
[4]
van die stelsel le binne-in hierdie ring. Die stofbaan is die belangrikste gebied van stervorming.
[4]
Die stelsel het ’n skynbare helderheid van byna 9
mag
en kan dus maklik met amateurteleskope gesien word. Die groot bol of
supermassiewe swartkolk
in die middel van die sterrestelsel en stofbaan daarom wek ook die belangstelling van professionele sterrekundiges.
Die Sombrerosterrestelsel het ’n ralatiewe klein aantal bolvormige
sterreswerms
wat daarom wentel. Dit word op sowat 1 200 tot 2 000 geraam.
[5]
[6]
, in vergelyking met die Melkweg se sowat 150 bolvormige swerms.
M104 le in ’n komplekse, filament-agtige wolk van sterrestelsels wat strek tot aan suidelike deel van die
Virgo-sterrestelselswerm
.
[7]
Dit is egter onseker of dit deel is van ’n formele
groep sterrestelsels
.
In die 1990's is in ’n studie onder John Kormendy bevind dat ’n supermassiewe
swartkolk
in die middel van die stelsel le.
[8]
Volgens die studie kan die omwentelingspoed van die sterre in die middel van die stelsel net gehandhaaf word as die swartkolk se massa sowat ’n miljard
sonmassas
is.
[8]
Dit is een van die massiefste swartkolke in nabygelee sterrestelsels.
- ↑
G.R. Kepple, G.W. Sanner (1998).
The Night Sky Observer's Guide
. Vol. 2. Willmann-Bell. p. 451.
ISBN
0-943396-60-3
.
- ↑
2,0
2,1
K.G. Jones (1991).
Messier's Nebulae and Star Clusters
(2nd uitg.). Cambridge University Press.
ISBN
0-521-37079-5
.
- ↑
E. Bajaja, G. van der Burg, S. M.; Faber, J. S. Gallagher, G. R. Knapp, W. W. Shane (1984). "The distribution of neutral hydrogen in the Sombrero galaxy, NGC 4594".
Astronomy and Astrophysics
.
141
: 309?317.
Bibcode
:
1984A&A...141..309B
.
{{
cite journal
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
4,0
4,1
G.J. Bendo, B.A. Buckalew, D.A. Dale, B.T. Draine, R.D. Joseph, R.C. Kennicutt jr., K.Sheth, J.-D.T. Smith, F. Walter, D. Calzetti, J.M. Cannon, C.W. Engelbracht, K.D. Gordon, G. Helou, D. Hollenbach, E.J. Murphy, H. Roussel (2006). "Spitzer and JCMT Observations of the Active Galactic Nucleus in the Sombrero Galaxy (NGC 4594)".
Astrophysical Journal
.
645
(1): 134?147.
arXiv
:
astro-ph/0603160
.
Bibcode
:
2006ApJ...645..134B
.
doi
:
10.1086/504033
.
{{
cite journal
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
K.-I. Wakamatsu (1977). "Radial distribution and total number of globular clusters in M104".
Publications of the Astronomical Society of the Pacific
.
89
: 267?270.
Bibcode
:
1977PASP...89..267W
.
doi
:
10.1086/130114
.
- ↑
W. E. Harris, H. C. Harris, G. L. H. Harris (1984). "Globular clusters in galaxies beyond the local group. III NGC 4594 (the Sombrero)".
Astronomical Journal
.
89
: 216?223.
Bibcode
:
1984AJ.....89..216H
.
doi
:
10.1086/113504
.
{{
cite journal
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
R. B. Tully (1988).
Nearby Galaxies Catalog
. Cambridge University Press.
ISBN
0-521-35299-1
.
- ↑
8,0
8,1
J. Kormendy, R. Bender, E. A. Ajhar, A. Dressler, S. M. Faber, K. Gebhardt, C. Grillmair, T. R. Lauer, D. Richstone, S. Tremaine (1996). "Hubble Space Telescope Spectroscopic Evidence for a 1 X 10 9 M? Black Hole in NGC 4594".
Astrophysical Journal Letters
.
473
(2): L91?L94.
Bibcode
:
1996ApJ...473L..91K
.
doi
:
10.1086/310399
.
{{
cite journal
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
Koordinate
:
12
h
39
m
59.4
s
, ?11° 37′ 23″