in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Slee
is 'n soort
voertuig
sonder wiele waarmee daar oor gladde oppervlaktes soos
ys
of
sneeu
gery word. 'n Slee het twee parallelle lopers (stawe van
hout
of
metaal
) aan die onderkant waarop dit gly, met 'n platform waarop mense of goedere vervoer word. Trekdiere soos
rendiere
,
perde
en
honde
word soms ingespan om die slee te trek. Dit word ook vir sommige wintersportsoorte, soos
skeleton
en
bobslee
, gebruik.
Die slee is een van die eerste vervoermiddels wat deur mense gebruik is. Dit is reeds lank voor die uitvinding van die
wiel
deur nomadiese stamme in
Siberie
en
Lapland
aangewend. Die
Indiane
van
Noord-Amerika
het ook die metode gebruik om hul besittings van een plek na 'n volgende te sleep. 'n Smeermiddel soos
vet
is soms aangewend om oor growwer oppervlaktes soos grond en klippe te kan beweeg.
Slee word as die oudste swaardiens-vervoermiddel in
Suid-Afrika
beskou, selfs ouer as die
ossewa
. Dit is onder andere tot in 1990 nog deur bosbouers in die
Knysna
-bosse gebruik om boomstompe uit die ruigtes te vervoer.
[1]