in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Slag van Guadalcanal
het tydens die
Tweede Wereldoorlog
in die
Salomonseilande
tussen Japannese magte en Geallieerde magte plaasgevind. Dit was die eerste offensief wat die Geallieerdes teen
Japan
na die
aanval op Pearl Harbor
en
Slag van Midway
gevoer het. Die slag is bekend vir die bittere gevegte op land en verskeie seegevegte tussen die twee lande se vlote.
Op
7 Augustus
1942
het 19 000
Amerikaanse seesoldate
onder bevel van Majoor-generaal Alexander A. Vandegrift op die eilande Tulagi en Guadalcanal geland. Tulagi is binne 'n paar dae oorgeneem. Op Guadalcanal het die seesoldate die vliegveld (daarna Henderson-vliegveld genoem) binne 'n paar dae oorgeneem en in bedryf gestel. Daarna het dit hulle nog maande geneem om die strawwe Japannese weerstand deur bloedige gevegte te oorkom en die eiland oor te neem. Die Japannese het op 7 Februarie 1943 finaal van die eiland onttrek en op
9 Februarie
1943
het die Geallieerdes die eiland veilig verklaar.
Seeslagte om en by Guadalcanal
[
wysig
|
wysig bron
]
Daar was verskeie gevegte tussen die Geallieerde en Japanese vlote tydens die slag. Party van die seeslagte het by Guadalcanal plaasgevind, terwyl ander verder van die eiland was soos die twee magte mekaar se versterkings en logistieke planne in die wiele probeer ry het. Die Japanese Vloot het ook tevergeefs probeer om Henderson-vliegveld te bombardeer.
- 9 Augustus 1942 ? Seeslag van Savo-eiland.
- 23-25 Augustus 1942 ? Seeslag van die Oostelike Salomonseilande.
- 11-12 Oktober 1942 ? Seeslag van Kaap Esperance
- 26-27 Oktober 1942 ? Seeslag van Santa Cruz
- 12 November 1942 ? Aksie suid van Savo-eiland
- 14-15 November 1942 ? Tweede aksie van Savo-eiland
- 30 November ? 1 Desember 1942 ? Seeslag van Tassafaronga