in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Skoppensboer
(ook
die Dood
,
doodsmaaier
,
die man met die
seis
en
Mantelman
[1]
) is 'n verpersoonliking van die
dood
.
Hy word uitgebeeld as 'n lewendige geraamte met 'n
seis
en 'n uurglas in sy hand. Hy dra meestal 'n mantel met 'n kappie oor die kop. Die seis versinnebeeld die feit dat die dood iedereen tref: 'n seis maai alle
koringhalms
om. Die sandloper simboliseer die voortsnellende
tyd
.
In die
Middeleeue
word die dood onder andere tydens die dodedans meestal uitgebeeld as 'n maer lyk met oop wonde waar maaiers uitkruip.
Skoppensboer is ook simbolies vir die (allesverslindende) tyd. Tyd word egter meestal deur Vader Tyd voorgestel, 'n (lewende) ou man met 'n sandloper en 'n seis.
Skoppensboer is die sentrale figuur in die gelyknamige gedig geskryf deur
Eugene Marais
:
|
I.
’n Druppel gal is in die soetste wyn;
’n traan is op elk’ vrolik’ snaar,
in elke lag ’n sug van pyn,
in elke roos ‘n dowwe blaar.
- Die een wat deur die nag
- ons pret beloer
- en laaste lag
- is Skoppensboer.
II.
Gewis en seker is die woord:
die skatte wat ons opvergaar,
ondanks die sterkste slot en koord
word net vir mot en roes bewaar.
- Net pagters ons
- van stof en dons
- om oor te voer
- aan Skoppensboer.
III.
Die heerlikheid van vlees en bloed;
die hare wat die sonlig vang
en weergee in ’n goue gloed:
die dagbreek op elk’ sagte wang
en oge vol van sterreprag
is weerloos teen sy groter mag.
Alreeds begint die rimpel sny;
oor alles hou die wurm wag
en stof en as is al wat bly:
- Want swart en droef,
- die hoogste troef
- oor al wat roer,
- is Skoppensboer.
IV. L’Envoi
Gewis is alles net ’n grap!
Ons speel in die komedie mee
geblinddoek met ’n lamfer-lap
wat selfs die son ’n skadu gee.
- Wat treur ons tog?
Viool en fluit maak nog geluid;
en lank die nag wat voorle nog.
Al kan ons nooit volmaaktheid raak,
nog blink die oog en gloei die huid
wat heel die winter blomtyd maak.
- Dus onverlee
- lag ons maar mee
- met elke toer
- van Skoppensboer!
|
|
- ↑
Van Nierop, Leon. 1996.
Die Sielsmokkelaar
Johannesburg:Perskor