in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die inwoners van die planeet in die middel sal nooit die groen kant van hul maan sien nie, as gevolg van sinchroniese rotasie.
Sinchroniese rotasie
of
gebonde rotasie
is in
sterrekunde
die situasie waar ’n
hemelliggaam
se rotasieperiode om sy eie
draaias
gebonde is aan sy wentelperiode om ’n ander liggaam met ’n groter
massa
. Dus is dieselfde halfrond altyd na die groter liggaam gedraai. Op die kleiner liggaam lyk dit of die ander een altyd op dieselfde plek sit.
As die rotasiespoed hoer as die wentelspoed is, ontstaan ’n wrywing wat die rotasie teenwerk, en eindelik neem dit af.
Die
Maan
het ’n sinchroniese rotasie; inderdaad, die meeste groot
natuurlike satelliete
in die
Sonnestelsel
se rotasie is sinchronies. Dit gebeur veral as hulle naby aan hul planeet gelee is.
’n Sinchroniese rotasie word veroorsaak deur die
getywerking
wat die swaarder liggaam op die satelliet het. Deur die getywerking word die satelliet effens uitgerek tot ’n
ellipsoied
(sien links), met die lang as in die rigting van die getyverwekkende liggaam. Deur die
wrywing
wat ontstaan as gevolg van die rotasie van die satelliet ten opsigte van die ellipsoied (die getye-"punte" word voortdurend oor die satelliet verplaas) neem die rotasiespoed van die satelliet af totdat die ellipsoied ’n vaste plek ten opsigte van die satelliet het.