in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Sharirivier
(
Engels
:
Chari River
;
Frans
:
Chari
) is 'n groot
noordwes
-vloeiende
rivier
in
Sentraal-Afrika
. Die rivier is met 'n lengte van 1 400 km die grootste invloei van die
Tsjadmeer
.
Die Sharirivier ontstaan uit die saamvloei van verskeie bronriviere wat in
Darfoer
, die Noord-Ekwatoriale drempel en die Hoogland van Adamaua ontspring en onderskeidelik in
Soedan
,
Kameroen
en die
Sentraal-Afrikaanse Republiek
gelee is. Dikwels word die rivierloop vanaf
Sarh
as die eintlike Sharirivier beskou. Aansluitend vloei die rivier in 'n noordwestelike rigting deur
Tsjad
, voordat by
N'Djamena
, die land se hoofstad, die Logone in die Sharirivier uitmond. Vanaf hier vorm die rivier die grens tussen Kameroen in die weste en Tsjad in die ooste. Verder noord vloei die Sharirivier in die Tsjadmeer.
In die Kameroense volkslied word na die Sharirivier verwys.