in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Shahnameh
(
Boek van Konings
,
Persies
: ??????? ) is 'n groot poetiese opus (samestelling) deur die Persiese digter Ferdowsi. Die boek is rondom
1000
n.C. geskryf.
Die Shahnameh bevat ongeveer 50000 versreels wat elk uit twee koppels (verse met twee reels) bestaan.
[1]
Die
Shahnameh
is een van die langste epiese gedigte ter wereld, en een van die grootste literere werke van die Persiese taal. Dit vertel hoofsaaklik die mitiese, en tot 'n sekere mate, die historiese, verlede van die
Persiese Ryk
vanaf die skepping van die wereld tot die Arabiese verowering van Iran in die
7de eeu
. Moderne
Iran
,
Azerbeidjan
,
Afghanistan
en die groter streek wat beinvloed is deur
Persiese kultuur
(soos
Georgie
,
Armenie
,
Turkye
en
Dagestan
) vier hierdie nasionale gedig.
Die werk is van die grootste belang in die Persiese kultuur en
Persiese taal
, wat as 'n literere meesterstuk beskou word, en definieer die etno-nasionale kulturele identiteit van Iran.
[2]
Dit is ook belangrik vir die hedendaagse aanhangers van
Zoroastrianisme
deurdat dit die historiese bande tussen die begin van die godsdiens en die dood van die laaste Sassanidiese heerser van Persie tydens die Moslem-verowering opspoor wat die Zoroastriese invloed in Iran beeindig.
Ferdowsi het die
Shahnameh
in
977
begin skryf en het dit op
8 Maart
1010
voltooi.
[3]
Die
Shahnameh
is 'n monument van poesie en
historiografie
, synde hoofsaaklik die poetiese omskakeling van wat Ferdowsi, sy tydgenote en sy voorgangers beskou het as die verhaal van
Iran
se antieke geskiedenis. Baie van hierdie verhale bestaan al in prosa, waarvan 'n voorbeeld die
Abu-Mansuri Shahnameh
is. 'n Klein gedeelte van Ferdowsi se werk, in gedeeltes verspreid oor die
Shahnameh
, is geheel en al van sy eie opvatting.