Shabnim Ismail
|
|
Shabnim Ismail tydens die T20-vroue-wereldbeker 2020
|
Gebore
|
5 Oktober 1988
(
1988-10-05
)
(35 jaar oud)
Kaapstad
,
Suid-Afrika
|
Lengte
|
1,65 m
|
Kolfstyl
|
Linkshandig
|
Boulstyl
|
Regterarm mediumvinnig
|
Rol
|
Bouler
|
Internasionale geskiedenis
|
Enigste Toets
(no
45
)
|
28 Julie 2007 v
Nederland
|
EDI debuut
(no
45
)
|
20 Januarie 2007 v
Pakistan
|
Laaste EDI
|
27 Maart 2022 v
Indie
|
T20I debuut
(no
5
)
|
10 Augustus 2007 v
Nieu-Seeland
|
Laaste T20I
|
3 Februarie 2021 v
Pakistan
|
T20I hempno.
|
17
|
Eersterangse spaninligting
|
Jaar(e)
|
Span
|
2005?2014
|
Westelike Provinsie
|
2015?
|
Gauteng
|
Loopbaanstatistiek
|
Kompetisie
|
Toets
|
EDI
|
T20I
|
Wedstryde
|
1
|
114
|
98
|
Lopies aangeteken
|
1
|
431
|
175
|
Kolfgemiddeld
|
1.00
|
10.77
|
7.00
|
100s/50s
|
0/0
|
0/0
|
0/0
|
Hoogste telling
|
1
|
34
|
20*
|
Aflewerings geboul
|
150
|
5554
|
2063
|
Paaltjies
|
3
|
164
|
110
|
Boulgemiddeld
|
6.66
|
20.69
|
18.09
|
5 paaltjies in 'n kolfbeurt
|
0
|
1
|
0
|
10 paaltjies in 'n wedstryd
|
0
|
n/a
|
n/a
|
Beste boulontleding
|
2/5
|
6/10
|
5/12
|
Vangskote/Stonkings
|
0/?
|
38/?
|
33/?
|
Bron:
ESPN Cricinfo
, 27 Maart 2022
|
Shabnim Ismail
(gebore 5 Oktober 1988) is 'n
Suid-Afrikaanse
internasionale
krieketspeler
wat haar debuut vir die Suid-Afrikaanse nasionale vrouespan in Januarie 2007 gemaak het.
Ismail is 'n regterarm snelbouler, en is een van die vinnigste vroueboulers in die wereld. Een van haar aflewerings is in Januarie 2016 aangeteken as 128 km/h.
[1]
Sy verteenwoordig haar land by die 2009 en 2013 Wereldbekers, en is tans Suid-Afrika se alletye voorste paaltjienemer in beide
Internasionale eendagwedstryde
(EDI) en Internasionale Twintig20's.
[2]
[3]
Ismail het op ouderdom 17 haar buiging vir die vroueseniorspan van die Westelike Provinsie in Oktober 2005 gemaak, tydens die 2005-06 seisoen van die Suid-Afrikaanse Provinsiale Vroueliga.
[4]
Sy het 15 paaltjies in haar debuutseisoen geneem, die tweede meeste vir die Westelike Provinsie na Shandre Fritz en Alexis le Breton.
[5]
Dit is gevolg deur 21 paaltjies tydens die 2007-08 seisoen, wat die sesde meeste in die kompetisie was.
[6]
Sy verlaat die Westelike Provinsie vir Gauteng in die 2015?16 seisoen.
Internasionale loopbaan
[
wysig
|
wysig bron
]
Ismail maak haar internasionale debuut vir Suid-Afrika in Januarie 2007 op ouderdom 18, in 'n EDI teen
Pakistan
. Haar Toets- en Twintig20 Internasionale debuut was in dieselfde jaar, teen Nederland en Nieu-Seeland onderskeidelik.
[7]
Ismail is vir Suid-Afrika se span gekies vir die 2009 Wereldbeker-Toernooi in Australie, maar kon slegs 'n enkele paaltjie neem in haar drie wedstryde.
[8]
By die 2009 Wereldbeker Twintig20 in Engeland later in die jaar, sy het sewe paaltjies in drie wedstryde (insluitend 3/27 teen Australie) geneem,
[9]
wat die meeste vir Suid-Afrika was en die gelyke derde meeste van die toernooi.
[10]
By die 2011 Wereldbeker-kwalifiseerder in
Bangladesj
, het Ismail 6/10 in 'n wedstryd teen
Nederland
geneem, en so gehelp om die span uit te boul vir net 36 lopies.
[11]
Haar prestasie stel 'n nuwe EDI-rekord vir Suid-Afrika, dit was destyds die gelyke vierde beste boulprestasie in al die eendagwedstryde vir vroue.
[12]
Ismail se goeie vorm is voortgesit by die 2013 Wereldbekertoernooi in Indie, waar sy elf paaltjies in sewe wedstryde geneem het. Dit was die meeste vir Suid-Afrika en die gelyke vyfde meeste van die toernooi.
[13]
Haar syfers sluit in 4/41 teen Australie, 2/18 teen Pakistan, en 2/22 teen Sri Lanka.
Met sewe paaltjies in vyf wedstryde, eindig Ismail as Suid-Afrika se gesamentlike voorste paaltjievraat (saam met
Marizanne Kapp
) by die 2014 Wereldbeker-Twintig20 in Bangladesj.
[14]
Teen Ierland neem sy 3/5 in drie boulbeurte. Suid-Afrika het die semifinaal van die toernooi vir die eerste keer in 2014 gehaal, maar het minder sukses by die 2016 toernooi in Indie, en hulle wen net een wedstryd. Ismail het ook min sukses, en neem slegs drie paaltjies in haar vier wedstryde.
[15]
Ismail is in
Kaapstad
gebore. Sy het reeds op skool begin krieket speel, en het aanvanklik in 'n gemengde span gespeel, omrede haar skool nie 'n afsonderlike span vir dogters gehad het nie. Ismail is 'n praktiserende
Moslem
, en is die enigste Moslemvrou wat internasionale krieket vir Suid-Afrika speel. Sy studeer tans vir 'n meganiese ingenieur.
- ↑
Shabnim is die vinningste vrouebouler
,
Die Son
25 Augustus 2016.
- ↑
http://stats.espncricinfo.com/ci/engine/records/bowling/most_wickets_career.html?class=9;id=3379;type=team
.
- ↑
http://stats.espncricinfo.com/ci/engine/records/bowling/most_wickets_career.html?class=10;id=3379;type=team
.
- ↑
Women's limited-overs matches played by Shabnim Ismail
Geargiveer
1 November 2016 op
Wayback Machine
, CricketArchive.
- ↑
Bowling in Women's Provincial League 2005/06 (ordered by wickets)
, CricketArchive.
- ↑
Bowling in Women's Provincial League 2007/08 (ordered by wickets)
, CricketArchive.
- ↑
South Africa / Players / Shabnim Ismail
, ESPNcricinfo.
- ↑
Statistics / Statsguru / S Ismail / Women's One-Day Internationals
, ESPNcricinfo.
- ↑
Statistics / Statsguru / S Ismail / Women's Twenty20 Internationals
, ESPNcricinfo.
- ↑
Records / ICC Women's World Twenty20, 2009 / Most wickets
, ESPNcricinfo.
- ↑
"USA prevail in thrilling one-run win"
, ESPNcricinfo, 18 November 2011.
- ↑
Records / Women's One-Day Internationals / Bowling records / Best figures in an innings
, ESPNcricinfo.
- ↑
Records / ICC Women's World Cup, 2012/13 / Most wickets
, ESPNcricinfo.
- ↑
Records / Women's World T20, 2013/14 / Most wickets
, ESPNcricinfo.
- ↑
Women's World T20, 2015/16 / Records / Most wickets
, ESPNcricinfo.