Sentrale ekonomiese streek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Sentrale ekonomiese streek in Rusland.

Die Sentrale ekonomiese streek ( Russies : Центра?льный экономи?ческий райо?н, Tsentralni ekonomitsjeski rajon ) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland . Dit is gelee in die sentrale deel van die Europese streek in die land. Talle paaie en spoorwee kruis mekaar hier.

Die streek is 484 000 km 2 groot en die bevolking is 30,5 miljoen volgens die 2012-sensus. [1] Meer as 80 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 63/km 2 .

Van die groot stede in die belangrike nywerheidstreek sluit in Moskou , Smolensk , Jaroslawl , Wladimir en Toela . Die Wolga - en Oka-rivier is belangrike waterwee, en die Moskou?Wolga- en die Don-Wolga-kanaal verbind Moskou met die Kaspiese en Oossee .

Deelgebiede [ wysig | wysig bron ]

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Brjansk-oblast
  2. Iwanowo-oblast
  3. Jaroslawl-oblast
  4. Kaloega-oblast
  5. Kostroma-oblast
  6. Moskou
  7. Moskou-oblast
  8. Orjol-oblast
  9. Rjazan-oblast
  10. Smolensk-oblast
  11. Toela-oblast
  12. Twer-oblast
  13. Wladimir-oblast

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. [1] Russiese 2010-sensus