한국   대만   중국   일본 
Seagate Technology - Wikipedia Gaan na inhoud

Seagate Technology

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Seagate Technology PLC
Tipe Publieke maatskappy met beperkte aanspreeklikheid (PLC)
Gestig 1979 as Shugart Technology
Hoofkantoor Cupertino, CA Verenigde State (operasionele hoofkwartier) Dublin , Republiek van Ierland (wetlike hoofkwartier)
Sleutelpersone Alan Shugart (stigter); Stephen J. Luczo (uitvoerende voorsitter), Dave Mosley (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedien Wereldwyd
Industrie Inligtingstegnologie
Produkte Hardeskywe (HDD + SSD, hibriedskywe)
Inkomste 11,16 miljard VSA-$ (2016)
Bedryfsinkomste 445 miljoen VSA-$ (2016)
Netto inkomste 248 miljoen VSA-$ (2016)
Werknemers 45 487 (2016)
Dogter-
maatskappye
LaCie
Webwerf seagate.com

Seagate Technology PLC (meestal kort Seagate genoem) is 'n Amerikaanse vervaardiger van hardeskywe . Die onderneming, wat oorspronklik in 1978 as Shugart Technology geinkorporeer is, is sedert 2010 amptelik in Dublin , Republiek van Ierland gesetel, terwyl sy operasionele hoofkwartier in Cupertino in die Amerikaanse deelstaat Kalifornie is.

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Seagate het in 1980 die eerste 5,25 duim-hardeskyf ontwikkel - die ST-506 met 'n stoorvermoe van 5 megagrepe [1] - en was vervolgens gedurende die 1980's een van die belangrikste verskaffers van hardeskywe op die mikrorekenaarmark, veral na die vrystelling van die IBM XT in 1983. Tans word die internasionale hardeskyfmark deur Seagate en sy strafste mededinger, Western Digital, oorheers. Albei maatskappye het hul groei aan die oorname van kleiner mededingers te danke. So het Seagate in 1989 Control Data Corporation se Imprimis-afdeling oorgeneem wat hardeskywe vir CDC vervaardig het. Ook in die volgende jare het Seagate voortgegaan om die hardeskyfbelange van ander ondernemings oor te neem, waaronder die van Conner Peripherals in 1996, Maxtor in 2006 en Samsung se hardeskyf-afdeling in 2011. [2]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]