한국   대만   중국   일본 
Schrodinger se kat - Wikipedia Gaan na inhoud

Schrodinger se kat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Schrodinger se kat, ’n fles gif en ’n radioaktiewe bron in ’n verseelde houer.

Schrodinger se kat is ’n gedagteproefneming uit 1935 deur die Oostenrykse fisikus Erwin Schrodinger . Dit illustreer wat hy beskou het as die probleem van die onbepaaldheid van kwantummeganika , en hoe dit nie sin maak as dit op alledaagse voorwerpe toegepas word nie. Die gevolg van die proefneming is ’n kat wat of dood of lewend is, na gelang van ’n vroeere lukrake gebeurtenis. [1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] Daar word dikwels na die proefneming verwys in teoretiese besprekings van die vertolking van kwantummeganika.

Agtergrond [ wysig | wysig bron ]

Werner Heisenberg het in 1926 sy onsekerheidsbeginsel gepubliseer wat impliseer dat jy nie tegelykertyd die presiese posisie en die presiese snelheid van ’n gegewe deeltjie kan weet nie omdat die meting van die een grootheid die ander grootheid versteur. Dit het ’n einde gebring aan die denkrigting van fisici soos Laplace, volgens wie dit moontlik sou moes wees om ’n model van die heelal te bou wat die toestand van die hele heelal op elke oomblik kan voorspel.

As ’n plaasvervanger vir die onsekerheidsbeginsel het Heisenberg en Niels Bohr in 1927 die Kopenhaagse interpretasie van kwantummeganika gepubliseer waarvolgens elke deeltjie hom in ’n sogenaamde kwantumtoestand bevind. Dit is ’n kombinasie van posisie en snelheid, en is dus geen presiese beskrywing van die gedrag van die deeltjie nie. Dit is in kwantummeganika ook nie moontlik om sodanige gedrag presies te beskryf nie ? die kwantummeganika beskryf die heelal in terme van ’n gegewe begintoestand en die "moontlike" toestande waarin die heelal uit die gegewe toestand verder kan ontwikkel.

Volgens die Kopenhaagse interpretasie is dit eers wanneer ’n deeltjie waargeneem word dat dit nie meer in ’n kwantumtoestand voorkom nie, maar verval in of die een of die ander moontlike toestand.

Proefneming [ wysig | wysig bron ]

In reaksie op die Kopenhaagse interpretasie het Schrodinger sy proefneming gebruik om aan te toon wat sal gebeur as ’n mens die beginsel op grootskaalse stelsels van toepassing maak. [8] Hy het voorgestel ’n mens sit ’n kat in ’n verseelde staalhouer saam met ’n fles gif en ’n radioaktiewe bron. As ’n monitor in die houer radioaktiwiteit waarneem (dus ’n enkele atoom wat verval), word die fles gebreek, die gif word vrygestel en maak die kat dood. Volgens Schrodinger dui die Kopenhaagse interpretasie daarop dat die kat lewend en dood is (vir die heelal buite die houer) tot die houer oopgemaak word. Eers dan sal ’n mens kan sien of die kat lewe of nie. Dit laat die vraag ontstaan presies wanneer ’n kwantumtoestand verval in die een of die ander moontlikheid.

Moderne interpretasies [ wysig | wysig bron ]

Sedertdien het ander interpretasies van kwantummeganika ontstaan, waarin die "dooie of lewende" kat soms as ’n werklikheid beskou word. Die proefneming bly ’n bepalende toets vir moderne interpretasies. Fisici gebruik dikwels die manier waarop ’n interpretasie Schrodinger se kat behandel om die swak en sterk punte daarvan te illustreer.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Moring, Gary (2001). The Complete Idiot's Guide to Theories of the Universe . Penguin. pp. 192?193. ISBN   1440695725 .
  2. Gribbin, John (2011). In Search of Schrodinger's Cat: Quantum Physics And Reality . Random House Publishing Group. p. 234. ISBN   978-0307790446 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2015 . Besoek op 21 Desember 2021 .
  3. Greenstein, George; Zajonc, Arthur (2006). The Quantum Challenge: Modern Research on the Foundations of Quantum Mechanics . Jones & Bartlett Learning. p. 186. ISBN   076372470X . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2015.
  4. Tetlow, Philip (2012). Understanding Information and Computation: From Einstein to Web Science . Gower Publishing, Ltd. p. 321. ISBN   978-1409440406 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2015.
  5. Herbert, Nick (2011). Quantum Reality: Beyond the New Physics . Knopf Doubleday Publishing Group. p. 150. ISBN   978-0307806741 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2015 . Besoek op 21 Desember 2021 .
  6. Charap, John M. (2002). Explaining The Universe . Universities Press. p. 99. ISBN   8173714673 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2015 . Besoek op 21 Desember 2021 .
  7. Polkinghorne, J. C. (1985). The Quantum World . Princeton University Press. p. 67. ISBN   0691023883 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2015 . Besoek op 21 Desember 2021 .
  8. Schrodinger, Erwin (November 1935). "Die gegenwartige Situation in der Quantenmechanik (Die huidige situasie in kwantummeganika)". Naturwissenschaften .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]