’n Tekening van die ruines van die Savoy-paleis.
Die Savoy-kapel.
Die
Savoy-paleis
(
Engels
:
Savoy Palace
), wat in
Middeleeuse
Londen
as een van die spoggerigste meenthuise van die adel beskou is, was die woning van
Jan van Gent
totdat dit in 1381 in ’n opstand verwoes is. Dit was gelee tussen die
Strand
en die
Teemsrivier
– die huidige Savoy-teater en Savoy-hotel is na die paleis genoem.
Die gewildste plek in die
Middeleeue
in Londen vir die adellikes se huise was die Strand, wat die beste deel van die seremoniele roete was tussen die stad en die
Paleis van Westminster
, waar die parlement en koninklike hof se sake afgehandel is. Nog ’n voordeel was ’n uitsig oor die Teems, en dit was weg van die stank, rook, sosiale onrus en brandgevaar van die stad laer af met die rivier.
In 1246 het
koning Hendrik III
die terrein waar die paleis gebou is, toegeken aan sy vrou se oom, Peter II, die Graaf van Savoy. Dit was later die eiendom van die hertoe van
Lancaster
. In die 14de eeu het dit die huis van Jan van Gent geword; hy was een van die jongste seuns van
koning Eduard III
en het deur sy huwelik die titel en grond van die hertoe van Lancaster geerf. Hy was die land se magsbemiddelaar en rykste burger. Die paleis was een van die mees manjifieke adelhuise in Engeland. Dit was bekend vir die eienaar se manjifieke versameling tapisseriee, juwele en ander ornamente.
Tydens die
Engelse Boere-opstand
van
1381
het die betogers (wat Jan kwalik geneem het vir die instelling van die
kopbelasting
, wat die opstand ontketen het) die Savoy en alles daarin stelselmatig verwoes. Wat nie gebreek of afgebrand kon word nie, is in die rivier gegooi. Juwele is selfs met hamers stukkend geslaan. Die terrein het desondanks die naam Savoy behou.
Hendrik VII
het in sy testament opdrag gegee vir die bou van die
Savoy-hospitaal
vir behoeftige mense op die terrein.
[1]
Dit is in 1512 geopen. Die enigste gebou van die hospitaal wat nog staan na die sloping in die 19de eeu, is die kapel, wat gewy is aan
Johannes die Doper
.
Die Savoy-hotel en
-teater
staan vandag op die terrein. Baie ander plekke in die omgewing het ook die naam, soos Savoy-hof,
-heuwel
,
-straat
,
-laan
ens.
Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
|
---|
Bewoon
| |
---|
Histories
| |
---|
51°30′38″N
0°7′13″W
/
51.51056°N 0.12028°W
/
51.51056; -0.12028