San Diego

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

City of San Diego

Kaart Wapen
Vlag
  Land Vlag van Verenigde State van Amerika  Verenigde State
  Deelstaat Kalifornie
  County San Diego County
  Koordinate 32°43′N 117°10′W  /  32.717°N 117.167°W  / 32.717; -117.167
  Gestig op 16 Julie 1769
  Geinkorporeer op 27 Maart 1850
  Oppervlakte:  
 - Totaal 963,6 vk km
  Hoogte bo seevlak 32 m
  Bevolking:  
 - Totaal (Sensus 2010) 1 307 402
 - Bevolkingsdigtheid 1 611,9/vk km
 - Metropolitaanse gebied 3 095 313
  Tydsone PST ( UTC -8)
  Somertyd PDT (UTC -7)
  Klimaat  
 - Tipe Subtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 17,3 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 13,0 / 21,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 264 mm
  Burgemeester Todd Gloria
  Amptelike Webwerf sandiego.gov
San Diego is naas Los Angeles een van twee moderne Kaliforniese metropole wat hul oorsprong in Spaanse sendingstasies het. Die Rooms-Katolieke sending San Diego de Alcala is in 1769 deur Junipero Serra gevestig

San Diego ( Engels : [?sændiː?e?go?]) is 'n hawestad in die suide van die deelstaat Kalifornie ( Verenigde State ), 119 myl suid van Los Angeles digby die grens met Meksiko gelee, met sowat 1,3 miljoen inwoners (2010). Dit is die administratiewe hoofstad van San Diego County. San Diego is die tweede grootste stad in Kalifornie na Los Angeles en die sewende grootste in die Verenigde State.

San Diego staan bekend vir sy gematigde klimaat en talle strande. Die stad se ontspanne leefstyl en strandkultuur, met duisende sonbaaiers en sportgeesdriftiges wat hul gebruinde en goed-geoefende liggame langs die Stille Oseaan -sandstrande vertoon, het aan San Diego die bynaam Sandy Ego besorg.

Sedert die tyd van die Tweede Wereldoorlog huisves San Diego 'n groot aantal instellings van die Amerikaanse Vloot soos militere hawens, en basisse van die Amerikaanse Marinierskorps en die Amerikaanse Kuswag . Die stad is die tuishawe van die grootste militere vloot ter wereld, met onder meer slagskepe en vliegdekskepe soos die USS Nimitz en die USS Ronald Reagan . 'n Aantal vlootskepe is ter ere van die stad USS San Diego genoem.

Die snelste groeiende moderne bedryf is biotegnologie. Qualcomm , 'n wereldleier op die gebied van selfoontegnologie , het sy hoofkwartier in San Diego.

Geografie en klimaat [ wysig | wysig bron ]

Nasa -Satellietbeeld van San Diego (bokant) en Tijuana (onderkant)
Die grens tussen San Diego, Kalifornie (links), en Tijuana , Meksiko (regs)

San Diego le teen 'n kunsmatige hawe aan die mees suidelike punt van Kalifornie, sowat twee en 'n halfuur se motorrit van Los Angeles in die noorde en 'n halfuur se motorrit van die Meksikaanse stad Tijuana in die suide af. Die stad word in die weste deur die Stille Oseaan begrens, terwyl 'n bergreeks en die Anza-Borrego-woestynpark 'n natuurlike grens in die ooste vorm. Die stadsgebied brei steeds verder uit na die binneland en in die rigting van die Meksikaanse grens.

San Diego se subtropiese klimaat word dikwels "perfek" genoem. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 21°C, die gemiddelde reenval per maand is slegs 24 mm. Die winters is baie matig met 'n gemiddelde temperatuur van 14°C.

Ekonomie [ wysig | wysig bron ]

Naas die Amerikaanse Leer en Vloot is die telekommunkasie- en biotegnologiese bedrywe die belangrikste werkverskaffers.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]