in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sakramentsdag
(
Latyn
:
Sollemnitas Sanctissimi Corporis et Sanguinis Christi
, letterlik: "Fees van die heiligste liggaam en bloed van Christus")
[1]
is 'n Hoogfees binne die
liturgiese jaar
van die
Rooms-Katolieke Kerk
en herdenk die werklike teenwoordigheid van
Jesus
se liggaam en bloed as 'n sakrament van die
Eucharistie
. In
Engels
en ander tale word die
Latynse
naam ?
Corpus Christi
? vir die fees gebruik.
Sakramentsdag word op die tweede Donderdag na
Pinkster
gehou. Twee maande vroeer word die Eucharistie op
Wit-Donderdag
in 'n donker atmosfeer herdenk en gaan na
Goeie Vrydag
oor. Die liturgie op hierdie dag herdenk ook die was van die dissipels se voete deur Jesus, die instelling van die
priesterskap
en die pyn in die Tuin van Getsemane. Sakramentsdag is op 11 Augustus 1264 deur
pous Urbanus IV
in die liturgiese kalender van die Rooms-Katolieke Kerk opgeneem as 'n feesdag wat uitsluitlik op die Heilige Eucharistie fokus en die vreugde van die Eucharistie ? die liggaam en bloed van Jesus Christus ? beklemtoon.
[2]
Sakramentsdag word liturgies op die Donderdag na Drie-eenheid-Sondag, of "waar die plegtigheid van die Allerheiligste en Bloed van Christus nie 'n heilige dag van verpligting is nie, word dit aan die Sondag na die Allerheiligste Drie-eenheid as die regte dag toegewys".
[3]
Sedert die liturgiese hervormings van 1969 onder
pous Paulus VI
het die
biskoppe
van elke land die reg om die fees na die volgende Sondag te skuif.
[4]
Die einde van die Heilige Mis sluit gewoonlik 'n optog met die Geseende Sakrament, wat algemeen in 'n monstrans vertoon word, in. Die optog word deur die Seen van die Heilige Sakrament opgevolg. Van die bekendste optogte is die onder voorsitterskap van die
pous
elke jaar in
Rome
tussen die Aartsbasiliek van die Allerheiligste Verlosser en die Basiliek van Santa Maria Maggiore; in eersgenoemde word die Heilige Mis gehou en in laasgenoemde die Seen van die Heilige Sakrament.
[5]
Die viering van Sakramentsdag was deur die
Protestantse kerke
tydens die
Protestantse Hervorming
verbied, omdat hulle nie aan die leerstellings van transubstantiation hou nie. In plaas daarvan het Protestantse kerke, afhangende van die denominasie, verskillende sienings rakende Jesus se teenwoordigheid tydens die Nagmaal: synde of Jesus se simboliese of Jesus se metaforiese teenwoordigheid. Vandag word Sakramentsdag deur die meeste Protestantse denominasies nie erken nie. Die
Kerk van Engeland
het Sakramentsdag tydens die Engelse Hervorming in 1548 afgeskaf, maar die fees later heringevoer.
Die datum van Sakramentsdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Sakramentsdag op die tweede Donderdag na
Pinkster
(op die 60ste dag na Paassondag) gehou. Die vroegste moontlike termyn volgens die
Gregoriaanse kalender
is 21 Mei en die laaste moontlike is 24 Junie.
Data Sakramentsdag 2000?2031
Jaar
|
Datum
|
2000
|
22 Junie
|
2001
|
14 Junie
|
2002
|
30 Mei
|
2003
|
19 Junie
|
2004
|
10 Junie
|
2005
|
26 Mei
|
2006
|
15 Junie
|
2007
|
7 Junie
|
|
Jaar
|
Datum
|
2008
|
22 Mei
|
2009
|
11 Junie
|
2010
|
3 Junie
|
2011
|
23 Junie
|
2012
|
7 Junie
|
2013
|
30 Mei
|
2014
|
19 Junie
|
2015
|
4 Junie
|
|
Jaar
|
Datum
|
2016
|
26 Mei
|
2017
|
15 Junie
|
2018
|
31 Mei
|
2019
|
20 Junie
|
2020
|
11 Junie
|
2021
|
3 Junie
|
2022
|
16 Junie
|
2023
|
8 Junie
|
|
Jaar
|
Datum
|
2024
|
30 Mei
|
2025
|
19 Junie
|
2026
|
4 Junie
|
2027
|
27 Mei
|
2028
|
15 Junie
|
2029
|
31 Mei
|
2030
|
20 Junie
|
2031
|
12 Junie
|
|
- ↑
(
la
)
(
ru
)
Calendarium Romanum
- ↑
(
de
)
Fronleichnam
.
In:
Okumenisches Heiligenlexikon
(heiligenlexikon.de). Besoek op 16 Mei 2019.
- ↑
(
la
)
"Sanctissimi Corpus et Sanguis Christi."
Roman Missal
, 2011 vertaal uit Latyn in 2011.
- ↑
(
de
)
Zum gemeinsamen Dienst berufen. Die Leitung gottesdienstlicher Feiern. Rahmenordnung fur die Zusammenarbeit von Priestern, Diakonen und Laien im Bereich der Liturgie
; Sekretariat der Deutschen Bischofskonferenz 8 Januarie 1999. 7de uitgawe, Bonn, 2007.
- ↑
(
de
)
Fronleichnam in Rom: ?Gottes Liebesgeschichte mit uns“
. In:
Radio Vatikan
, 18 Junie 2017. Besoek op 18 Junie 2017.
|
---|
Kerskring
| | |
---|
Paaskring
| |
---|
Jaarkring
| |
---|
Mariafeeste
| |
---|