in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Saharawoestyn-brand
van November 1961 tot April 1962 in ‘n gasput het vlamme veroorsaak wat tot deur ruimtevaarders waargeneem is.
Op 6 November 1961 ontstaan daar ‘n brand in ‘n gasput by Gassi Touil in die gebied Grand Erg Oriental van
Algerie
weens ‘n breuk in ‘n aardgaspypleiding van die Phillips Petroleum Co.
Hierdie put het ‘n 170 m³ gas per sekonde gelewer en die gevolglike vlammesuil bereik ‘n hoogte van oor die 200 m. Dit raak bekend as die
Devil’s Cigarette Lighter
. Ruimtevaarder
John Glenn
het uit die
Friendship 7
-ruimtetuig gerapporteer dat hy die vlamme gewaar.
Red Adair, die Amerikaanse bestryder van olie- en gasbrande, en sy span geniet wereldroem na die blus van die brand op 28 April 1962. In daardie 6 maande het 16 miljoen m³ gas verlore geraak. Sy metodes het Adair ook toegepas by die blus van die brandende oliebronne in
Koeweit
wat tydens die
Golfoorlog
(1990?91) deur die
Irakese
aan die brand gesteek is. Adair en sy spanne blus daar 117 oliebrande in 9 maande.
Hierdie waaghalsige prestasie in die
Sahara
is die onderwerp van die film
Hellfighters
van 1968 waarin
John Wayne
die rol speel van Adair.