in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sagteware
(ook
programmatuur
genoem, teenoor "apparatuur" of "hardeware") is 'n generiese begrip vir 'n georganiseerde groep(e) kode wat
instruksies
verteenwoordig wat uitgevoer word deur 'n
rekenaar
. Sagteware word gewoonlik eers geskryf as
bronkode
, en dan verwerk na
binere
formaat wat spesifiek is aan die verwerker of omgewing waarin die kode uitgevoer word.
Sagteware word gewoonlik verdeel in twee hoofkategoriee:
stelselsagteware
wat die basiese nie-taak-spesifieke funksies van die rekenaar verskaf, en
toepassingsagteware
wat gebruik word om spesifieke gebruiker-verwante take uit te voer.
Die begrip is die eerste keer in hierdie konteks gebruik deur
John W. Tukey
in
1957
.
Stelselsagteware
is verantwoordelik vir die beheer, integrasie en bestuur van die individuele
hardewarekomponente
van 'n
rekenaarstelsel
so dat ander sagteware en die gebruikers van die stelsel dit sien as 'n funksionele eenheid sonder om besorgd hoef te wees oor die lae-vlak details soos byvoorbeeld die verskuiwing van
data
vanaf die
geheue
na die
hardeskyf
, of die vertoon daarvan op die
skerm
.
Stelselsagteware bestaan uit dinge soos 'n
bedryfstelsel
en 'n aantal fundamentele
nutsprogramme
, soos programme wat
leers
manipuleer, stelseladministrasie verrig en wat hardeware- en
netwerkkonfigurasie
doen.
Toepassingsagteware
word gebruik om ander take, buiten die bestuur van die rekenaarstelsel, uit te voer. Toepassingsagteware kan bestaan uit 'n enkele program, byvoorbeeld 'n teksredigeerder; 'n aantal programme (gewoonlik genoem 'n
sagteware pakket
wat saam werk om 'n taak uit te voer, byvoorbeeld 'n
sigblad
; 'n groter
versameling
(of suite) van onafhanklike programme wat vir verwante take gebruik word soos byvoorbeeld 'n kantoorproduktiwiteit-suite wat bestaan uit 'n
woordverwerker
,
sigblad
, ens.
Sagteware word amper altyd ontwikkel met behulp van een of meer
programeertale
. Verskeie nutsprogramme word moontlik gebruik in die proses: