Suddeutsche Zeitung

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Suddeutsche Zeitung (afkorting: SZ , Duits : Suid-Duitse Koerant ; uitspraak: [?zyːt?d??t?? ?tsa?t?ŋ]) is 'n Duitse gehaltedagblad wat deur die uitgewery Suddeutscher Verlag in Munchen uitgegee en landwyd versprei word. Naas verslaggewing oor gebeure in Munchen en die deelstaat Beiere dek dit ook nasionale en internasionale nuus en word dit onder die belangrikste meningsvormende dagblaaie in Duitsland gereken. As sulks is dit in 1945 deur die destydse Amerikaanse besettingsmoondheid se Information Control Division gelisensieer. In die eerste kwartaal van 2017 was dit die grootste Duitse gehaltedagblad en die tweede grootste nasionale koerant (naas die poniedagblad Bild ) met 365 938 verkoopte eksemplare. [1]

Sedert 29 Februarie 2008 is 81,25 persent van die uitgewery Suddeutscher Verlag in besit van die houermaatskappy Sudwestdeutsche Medien Holding (SWMH) met sy setel in Stuttgart .

Verwysings [ wysig | wysig bron ]