in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Siberie en die Russiese Verre Ooste. Die
rooi
deel is die gebied van die
Siberiese Federale Distrik
en die
geel
en
oranje
deel regs daarvan is die gebied van die
Verre Oosterse Federale Distrik
.
Die
Russiese Verre Ooste
(
Russies
: Да?льний Восто?к Росси?и;
Dalni Wostok Rossii
) is ’n naam wat gebruik word vir die Russiese deel van die
Verre Ooste
, dus die heel oostelike gebiede tussen die
Baikalmeer
in Sentraal-
Siberie
en die
Stille Oseaan
. Die Russiese
Verre Oosterse Federale Distrik
wat in die gebied val, moet nie verwar word met die
Siberiese Federale Distrik
wat nie tot aan die Stille Oseaan strek nie (sien kaart).
In Russies word gewoonlik na die streek verwys as slegs die "Verre Ooste" en dit kan anderstaliges verwar omdat dit verskil van die internasionale betekenis van die
Verre Ooste
. Laasgenoemde word gewoonlik in Russies genoem die "Asies-Pasifiese Gebied" (Азиатско-тихоокеанский регион;
Aziatsko-tichookeanski region
), afgekort met die
Cyrilliese letters
ATP of as Oos-Asie (Восточная Азия;
Wostotsjnaja Azija
).
Rusland het in 1647 tot aan die kus van die Stille Oseaan uitgebrei met die stigting van
Ochotsk
. Rusland het in die
19de eeu
sy beheer oor die Russiese Verre Ooste bekragtig.
Tot in 2000 het die Russiese Verre Ooste nie spesifieke grense gehad nie. Die naam "Siberie en die Verre Ooste" (Сибирь и Дальний Восток;
Sibir i Dalni Wostok
) is dikwels in Russies gebruik vir die Russiese gebiede oos van die
Oeralgebergte
sonder om ’n spesifieke onderskeid tussen die twee streke te tref. Die "Verre Ooste" was net ’n vae term.
In 2000 is Rusland se
federale deelgebiede
in groter federale distrikte ingedeel en die Verre Oosterse Federale Distrik is gestig. Dit bestaan uit die
Amoer-oblast
,
outonome okroeg Tsjoekotka
,
Joodse Outonome Oblast
,
Kamtsjatka-krai
,
Chabarofsk-krai
,
Magadan-oblast
,
Primorski-krai
,
Republiek van Sacha (Jakoetie)
en
Sachalin-oblast
. Sedert 2000 verwys die naam "Verre Ooste" meestal na die federale distrik, maar dit word dikwels ook in ’n breer sin gebruik.
Die federale distrik beslaan ’n gebied van 6,2 miljoen km
2
? meer as ’n derde van Rusland se totale oppervlakte.
Die meeste bewoners van die Russiese Verre Ooste bly in die suide. As ’n mens die grootte van die gebied in ag neem, beteken dit dat die bevolkingsdigtheid van die 6,7 miljoen mense net effens meer as een mens per km
2
is en dus is dit een van die ylsbevolkte gebiede op aarde. Sedert die verbrokkeling van die
Sowjetunie
het die bevolking geweldig afgeneem ? 14% in die afgelope 15 jaar.
Etniese
Russe
en
Oekrainers
maak die grootste deel van die bevolking uit. Sowat 75% woon in stede. Volgens die 2002-sensus is die grootste stede: