in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Rugby-uitdaagreeks
? om borgskapredes bekend as die
SuperSport Rugby-uitdaagreeks
? is ’n plaaslike
rugbykompetisie
in Suid-Afrika. Die kompetisie word deur die
Suid-Afrikaanse Rugbyunie
georganiseer en al veertien Suid-Afrikaanse streek-/provinsiale spanne, asook die
Welwitschias
van
Namibie
en 'n
Zimbabwiese Akademiespan
neem deel.
[1]
Die aanvangseisoen van die kompetisie was in 2017 en dit dien as plaasvervanger vir die
Vodacombeker
wat in 2015 ten einde geloop het.
Die kompetisie word gelyklopend met die
Superrugbyseisoen
gespeel. Dit dien as ’n belangrike ontwikkelingskompetisie vir Suid-Afrikaanse rugbyspelers.
Die 16 spanne is geografies in twee afdelings ? Noord en Suid ? ingedeel. Elke span sal deur die loop van die seisoen een keer teen die ander spanne in dieselfde afdeling speel ? of ’n tuis- of ’n wegwedstryd. Die wenner en tweede plek van elke afdeling sal dan in die halfeindronde speel. Sommige wedstryde word na 'n neutrale plek as deel van 'n 'SuperStack'-inisiatief verskuif, waartydens drie wedstryde ? waaronder ’n plaaslike amateurklubwedstryd ? op een terrein gespeel word, met gratistoegang tot hierdie wedstryde om rugby onder alle sosiale groepe te bevorder.
[2]
Die spanne wat in 2019 in die Rugby-uitdaagreeks meeding is:
Ligging van spanne in die
Rugby-uitdaagreeks
Noordelike Afdeling
Suidelike Afdeling
Die uitslae van die Rugby-uitdaagreeks se eindstryde is soos volg: