in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Rubicon
(
Italiaans
:
Rubicone
) is 'n
rivier
in die noorde van
Italie
. Die rivier is vlakkerig, 29 kilometer lank en vloei deur die streek
Emilia-Romagna
. Dit ontspring in die
Apennyne
-bergreeks en mond uiteindelik in die
Adriatiese See
, suid van
Ravenna
uit. Die Latynse woord "rubico" kom van die byvoeglike naamwoord "rubeus", wat "rooi" beteken. Die rivier is so genoem omdat sy water deur afsettings rooierig gekleur is.
Ten tye van die
Romeinse Republiek
was die Rubicon die grens tussen
Latium
, wat deur die
Senaat
bestuur is, en die Romeinse provinsie
Gallia Cisalpina
. Volgens die Romeinse wet mag geen generaal met 'n staande leer die Rubicon oorgesteek het nie. Indien dit wel sou gebeur, sou die generaal beheer oor sy provinsie verloor en sy soldate sou die wet oortree as hulle sy bevele uitvoer.
Die rivier word bekend nadat
Julius Caesar
en sy legioene die rivier in
49 v.C.
suidwaarts kruis. Dit is as 'n
opstand
beskou en 'n staatsgreep word onvermydelik. Caesar maak tydens die oorsteek 'n toespraak en se: "
Alea iacta est
" (Latyn: die teerling is geworpe / die dobbelsteen is gegooi).
Die gebeurtenis gee aanleiding tot die slagspreuk: "Die Rubicon oorsteek", wat beteken dat 'n betwisbare daad verrig word, wat nie ongedaan gemaak kan word en waarvan daar nie later teruggekeer kan word nie.
Dit is egter nie duidelik of die historiese Rubico dieselfde as die huidige Rubicon is nie (hoewel meeste bewyse dit wel bevestig).
[1]
Die huidige rivier kry sy naam in 1933 nadat
Benito Mussolini
die plek
Savignano nel Romagna
na
Savignano sul Rubicone
vernoem het.
[2]
44°10′05″N
12°26′36″O
/
44.168045°N 12.44327°O
/
44.168045; 12.44327