in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Romeinse monargie
of
Romeinse Koninkryk
(
Latyns
:
REGNVM ROMANVM
) was die tydperk van die
antieke Romeinse tydperk
, wat gekenmerk is deur 'n monargie as regeringsform met sewe legendariese konings. Die geskiedenis van die koninkryk het met die
Stigting van Rome
deur
Romulus en Remus
in
753 v.C.
met nedersettings rondom die Palts-heuwel langs die
Tiber
in Sentraal-Italie begin en met die omverwerping van die konings en die stigting van die Romeinse Republiek omstreeks
509 v.C.
geeindig.
Min is seker bekend oor die geskiedenis van die koninkryk, soos byna geen geskrewe rekords van daardie tyd oorleef het en die dokumente, wat tydens die
republiek
en
keiserryk
geskryf is, is grootliks gebaseer op legende. Waarskynlik was die sewe heuwels van Rome sedert die
10de eeu v.C.
deur Latiners en Sabiners bewoon; naas 600 v.C. het die gebied in die invloedsfeer van die
Etruskers
gekom, wat uit die dorpe 'n stad gevormen die monargie gestig het.