한국   대만   중국   일본 
Robert Jacob Gordon - Wikipedia Gaan na inhoud

Robert Jacob Gordon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Robert Jacob Gordon
Robert Jacob Gordon in 1780
Gebore 29 September 1743
Sterf 25 Oktober 1795 (op 52)
Nasionaliteit Vlag van Nederland  Nederland
Beroep ontdekkingsreisiger, soldaat, kunstenaar, natuurkundige, taalkundige
Bekend vir stigting van die Suid-Afrikaanse merinobedryf
Ouer(s) Jacob Gordon (vader)

Kolonel Robert Jacob Gordon ( Doesburg , Nederland , 29 September 1743 - Kaapstad , 25 Oktober 1795 ) was 'n soldaat, verkenner en stigter van die Suid-Afrikaanse merinobedryf .

Gordon se vrou, Susanna Nicolet (1780)

Hy is gebore van Skotse ouers en het diens gedoen in die Skotse regiment onder bevel van kolonel Dundas. Gordon land op 1 Junie 1777 in die Kaap as tweede-in-bevel van die garnisoen. Hy onderneem kort daarna sy eerste reis en bereik in Augustus 1779 'n rivier noord van die kolonie waar hy die Hollandse vlag hys en dit die Oranjerivier noem, ter ere van die Nederlandse vors. Dit was sowat 17 jaar na Jacobus Coetsee die eerste kolonis geword het wat die rivier bereik het. Die Britse plantkundige William Paterson het hom vergesel op die reis.

Gordon besoek die Oos-Kaapse grens saam met goewerneur Joachim van Plettenberg en word in 1780 bevelvoerder van die Kaapse garnisoen.

Hy het die eerste merinostoet na die Kaap ingevoer.

Toe die Britte die Kaap in 1795 aanval, beleef Gordon 'n senu-ineenstorting en pleeg na die oorgawe selfmoord op 25 Oktober 1795 .

Bronne [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]