Die Engelse skrywer
Robert Graves
(24 Julie 1895 ? 7 Desember 1985)
[1]
is veral bekend vir sy historiese romans, maar hy het ook goeie poesie, belangrike kritiese werke en een van die beste outobiografiese verslae van die
Eerste Wereldoorlog
, geskryf. Oor die algemeen word sy werk gekenmerk deur volkome eerlikheid.
Robert Graves is op 26 Julie 1895 in
Londen
gebore, die seun van 'n Ierse digter en volkskenner en 'n afstammeling van die Duitse historikus Von Ranke. Gedurende die Eerste Wereldoorlog het hy in die Royal Welsh Fusiliers gedien. Na die oorlog het hy in
Oxford
gaan studeer. Sy eerste en enigste huwelik was van korte duur, en tot in 1940 het hy saam met die Amerikaanse digteres
Laura Riding
(gebore 1901) gewoon. Sy het 'n groot invloed op sy werk uitgeoefen. In 1930 het hy hom op Mallorca gevestig. Van 1961 tot 1966 was hy die opvolger van
W.H. Auden
as hoogleraar in poesie in Oxford.
Graves se eerste werk, die digbundel
Over the brazier,
is in 1916 gepubliseer en sy eerste kritiese studie,
On English poetry,
in 1922. Toe sy belangrike outobiografiese
Goodbye to all that
in 1929 verskyn, het hy al verskeie
digbundels
,
essays
en
bloemlesings
(onder meer van Engelse en Skotse ballades) die lig laat sien.
Goodbye to all that
,
wat hy in 1957 hersien het, gee nie net 'n goeie insig in Graves, sy familie, jeug en oorlogservaringe nie, maar is ook 'n unieke beeld van sy tydgenote.
Sy eerste
Collected poems
het in 1938 verskyn, gevolg deur versamel bundels in 1948, 1959, 1965 en 1968. Sy
poesie
is suiwer, van alle heroiek ontdaan, in gewone dinge en ervarings gewortel, geestig en persoonlik. Sy liefdesgedigte is dikwels so eerlik dat sommige kritici dit te "koel" vind. Graves se eerlikheid blyk ook uit sy herhaaldelike stelling dat hy nie vir die nageslag skryf nie, maar vir die hede.
Sy belangrikste kritiese werke oor poesie is
The white goddess (1948,
hersien 1952) en
The common asphodel
(1949), en oor prosa
The reader over your shoulder (1943).
Graves se wye belangstelling blyk uit
The real David Copperfield
(1933), 'n herskrywing van Dickens se roman, uit
The Greek myths
(1955), 'n oorsig van die hele
Griekse mitologie
en uit
The Nazarene gospel restored (1953),
waarin
Jesus
vanuit 'n Joodse oogpunt beskou word. Hy het ook talle werke vertaal, onder meer die
Pharsalia
van Lueanus en die
Vitae caesarum
van Suetonius, asook in omstrede vertaling met kommentaar van die
Roebajat
van Omar Khajjam, wat in 1967 verskyn het. Sy prosawerk omvat, naas 'n aantal kostelike kinderboeke (onder meer
The poor boy who folio wed his star,
1968) en 'n groot aantal versamelings essays en verhale (byvoorbeeld
But it still goes on,
1930), die bekende historiese romans
I, Claudius (1934)
en
Claudius the god
(1934), oor die tragiese Romeinse keiser wat teen sy sin van 41 tot 54 regeer het,
Count Belisarius
(1938),
Wife to Mr Milton
(1934),
The golden fleece
(1944), oor Jason,
King Jesus
(1946) en
Homer's daughter (1955).
Ander werke sluit in
Antigua, penny, puce
(1936) en die toekomsroman
Seven days in new Crete (1949).