in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Rivierdelta
is 'n stelsel van vertakkings van 'n
rivier
voordat dit in 'n
oseaan
,
see
,
meer
,
estuarium
,
reservoir
, ander rivier of
woestyn
uitmond. Op 'n kaart (of uit die lug) het so 'n stelsel min of meer die vorm van 'n driehoek.
Die woord "rivierdelta" word ontleen aan die naam van die
Griekse
letter Δ (delta). Die
driehoekvorm
is veral sigbaar in die geval van die
Nyldelta
? een van die bekendste rivierdeltas.
'n Ander bekende delta van
Afrika
is die
Okavangodelta
, wat in die woestyn doodloop. In
Suid-Afrika
mond die Mkuzirivier in
KwaZulu-Natal
en die
Oranjerivier
in die
Noord-Kaap
met 'n delta by die see uit.
Deltas is dikwels baie vrugbaar en digbevolk. Die deltas wat in die see uitmond, is kwesbaar vir oorstromings.
Riviere bevat soms heelwat
sediment
, wat dan afgeset word namate die rivier se stroom verswak. Gruis, sand, silt en klei word deur die water meegesleur, maar namate die stroom naby die monding van die rivier verswak, veroorsaak dit dat die swaarder sedimente afgeset word. Eers word die gruis en sand afgeset, maar later ook die silt en nog later die klei. Soos al hoe meer spoelgrond (ook bekend as alluvium) afgeset word, kan die vlak van die sediment sodanig styg dat dit bokant die wateroppervlak kan verskyn. Dan word gepraat van 'n delta. Plantegroei op die afgesette grond stabiliseer die grond.
Eksterne skakels en bronne
[
wysig
|
wysig bron
]