in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rip van Wyk
is 'n swart en wit
Afrikaanse
rolprent
wat op
4 April
1960
uitgereik is. Die storielyn is gegrond op die sprokie van
Rip van Winkel
. Dit was die eerste rolprent wat die filmmaker Emil Nofal vervaardig het. Die regisseur en hoofrolspeler was Jamie Uys. Uys is vir sy spel in die fliek deur die
Royal Society of Arts
in Londen met die Statebondstoekenning van 1960 bekroon.
[1]
Die rolprent is 'n
komiese fantasie
en goeie gesinsvermaak.
En andere.
'n
Vrystaatse
boer
slaap vir honderd jaar, en toe hy wakker word, bevind hy hom op 'n yslike
dorp
wat intussen op sy plaas ontstaan het. Hy poog om die ontwikkelinge te begryp en by die moderne lewe aan te pas.