- Hierdie artikel handel oor die rivier in Noord-Amerika. Vir die gelyknamige deelstate in Brasilie, sien gerus
Rio Grande do Norte
en
Rio Grande do Sul
.
Die
Rio Grande
(
Spaans
vir "groot Rivier", soos genoem in die
Verenigde State
[4]
),
Rio Bravo del Norte
[?ri.o ?β?aβo ðel ?norte] of net
Rio Bravo
("Wilde rivier van die Noorde", soos genoem in
Meksiko
[4]
), is 'n groot suidoos-vloeiende
rivier
in
Noord-Amerika
. Die rivier, met 'n lengte van 3 051 km, is die derde langste rivier in die Verenigde State na die
Missouririvier
-
Mississippirivier
en die
Yukonrivier
asook Meksiko se langste rivier.
Die Rio Grande ontspring in die
Rotsgebergte
in die
Amerikaanse deelstaat
Colorado
en vloei vir sowat 300 km deur die deelstaat. Die rivier vloei in 'n suidelike rigting sowat 750 km deur
Nieu-Meksiko
, bereik die deelstaat se hoofstad
Albuquerque
en later die tweede grootste stad
Las Cruces
. Aansluitend bereik die rivier tussen
El Paso
en
Ciudad Juarez
die Meksikaans-Amerikaanse grens en vorm vanaf hier vir sowat 2 000 km die grens tussen
Texas
en die noordoostelike
Meksikaanse deelstate
Chihuahua
,
Coahuila
,
Nuevo Leon
en
Tamaulipas
. In die buitenste noorde van die deelstaat Tamaulipas is die stad
Nuevo Laredo
aan die rivier en aan die Texaanse kant die susterstad
Laredo
gelee.
Die Rio Grande mond in die
Golf van Meksiko
uit en vorm sedert die ondertekening van die
Verdrag van Guadalupe Hidalgo
op 2 Februarie 1848 as gevolg van die
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
(1846?1848) die grens tussen Meksiko en die Verenigde State.
Die Rio Grande ontspring as 'n smeltwaterstroompie op Windom Peak (3 700 m) in die
San Juan-berge
in Suidwes-
Colorado
en vloei via 'n canyon ’n woudgebied binne voordat dit die bree, vrugbare
San Luis-vallei
bereik.
Hier word sy water vir die eerste keer vir
besproeiing
aangewend, naamlik vir die San Luis-valleiherwinningsprojek. Vanuit Colorado volg die rivier via die
Rio Grande-kloof
en die White Rock-kloof 'n roete deur die noorde van
Nieu-Meksiko
.
Noord van
Albuquerque
word die riviervallei breer en daarvandaan vloei die Rio Grande oor 'n bree en droe plato met 'n koue steppeklimaat deur die res van Nieu-Meksiko. Die Elephant Butte-dam is in 1916 in die gebied voltooi en twee groot studamme, die Elephant Butte-reservoir en die Caballo-reservoir, gaar water op vir die Rio Grande-herwinningsprojek by die stad Las Cruces in die Mesilla-vallei in die suide van Nieu-Meksiko.
Die studamme in die boloop van die rivier bring mee dat die Rio Grande by El Paso en Ciudad Juarez (op die ander oewer) drie tot ses maande van die jaar droog le, te meer omdat die aangrensende warm steppe- en woestyngebied byna geen
reen
kry nie.
Dit vloei vir nog sowat 350 km in 'n suidoostelike rigting voordat een van sy minder belangrike syriviere, die
Rio Conchos
(590 km), wat in die Sierra Madre Occidental in Meksiko ontspring, daarby aansluit. By die riviere se samevloeiing is twee spoorwegsentra vir spoorwegverkeer oor die grens tussen die Verenigde State en Meksiko, naamlik die stad
Ojinaga
(Meksiko) en die dorp
Presidio
(Texas).
Van hier af kronkel die Rio Grande in ’n noordoostelike rigting deur drie canyons op 'n diepte van tussen 450 en 500 m. Die Big Bend National Park kom in die omgewing aan Texas se kant van die rivier voor.
Aan die begin van die benedeloop sluit die
Pecosrivier
(1 500 km), wat noord van Sante Fe op die Santa Fe Baldy (3 847 m) in die suidelike
Rotsgebergte
ontspring, by die Rio Grande aan. (Die
Amistad-reservoir
ontvang water uit albei riviere.)
Die internasionale Amistad-dam, wat by die stede
Del Rio
in die Verenigde State en
Ciudad Acuna
in Meksiko gelee is (hulle word met 'n brug verbind), is in 1969 ingevolge 'n ooreenkoms tussen die twee lande in gebruik geneem. Van die dam af vloei die rivier in ’n suidoostelike rigting tot in die kusvlakte in die omgewing van die vernaamste grensposte, Eagle Pass (Verenigde State) en
Piedras Negras
(Meksiko).
Ondanks die deurgaans droe steppeklimaat is die rivier vanwee die klein syriviere hier dwarsdeur die jaar vol water en word dit selfs breer. Ongeveer 120 km stroom af van die belangrike spooroorgang tussen Laredo (Verenigde State) en Nuevo Lareda (Meksiko) sluit die Rio Salado (600 km lank), wat in die Sierra Madre Oriental ontspring, by die Rio Grande aan en word die Falconreservoir (96 km lank) gevorm. In die omgewing van die Falcon-dam, wat in 1954 voltooi is, is die Rio Grande vir die laaste 200 km bevaarbaar.
Die Benede-Rio Grandevallei is die vernaamste besproeiingslandbougebied en
groente
,
katoen
en
sitrusvrugte
word daar verbou. Aan die deltamonding le die stede
Matamoros
(Meksiko) en
Brownsville
(Verenigde State); laasgenoemde het as 'n hawestad begin ontwikkel nadat 'n kanaal van 27 km in 1936 na die
Golf van Meksiko
gebou is.
Belangrikheid en probleme
[
wysig
|
wysig bron
]
Benewens die voorsiening van elektrisiteit en die verskaffing van water is die Rio Grande ook 'n vername bron van ontspanning vir inwoners van die omliggende gebiede. Verskeie
delfstowwe
word in die omgewing van die rivier aangetref, byvoorbeeld
olie
,
gas
,
steenkool
,
uraan
,
goud
,
silwer
,
potas
en
gips
. Omdat die Rio Grande 'n grensrivier is, het geskille tussen die Verenigde State en Meksiko soms in die verlede opgeduik, byvoorbeeld wanneer die rivier sy vloei verander het.
Verskeie ooreenkomste moes ook oor waterverdeling aangegaan word nadat die studamme opgerig is. Vanwee die groot verskille in die stand van welvaart tussen die Verenigde State en Meksiko, is die rivier, wat dikwels droog le, ’n gewilde grensoorgang vir Meksikaanse immigrante.
- ↑
1,0
1,1
Metz, Leon C.
"Rio Grande"
(in Engels). The Handbook of Texas Online.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2019
. Besoek op
27 Februarie
2015
.
- ↑
"Water Bulletin Number 75: Flow of the Rio Grande and Related Data; From Elephant Butte Dam, New Mexico to the Gulf of Mexico"
(in Engels). International Boundary and Water Commission. 2005.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 18 April 2020
. Besoek op
27 Februarie
2015
.
- ↑
"Rio Grande NASQAN Program"
(in Engels). United States Geological Survey. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 16 Desember 2014
. Besoek op
27 Februarie
2015
.
- ↑
4,0
4,1
(
en
)
Jan Reid:
Rio Grande
, University of Texas Press (Austin, Texas, 2004),
ISBN 0-292-70601-4