in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ridley Scott
|
---|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/12/NASA_Journey_to_Mars_and_%E2%80%9CThe_Martian%E2%80%9D_%28201508180030HQ%29.jpg/220px-NASA_Journey_to_Mars_and_%E2%80%9CThe_Martian%E2%80%9D_%28201508180030HQ%29.jpg) Ridley Scott in 2015
|
Gebore
| 30 November 1937
|
---|
Alma mater
| Royal College of Art
|
---|
Beroep
| Regisseur en rolprentvervaardiger
|
---|
Eggenoot
| Felicity Heywood
(1964, geskei in 1975)
Sandy Watson
(1979, geskei in 1989)
Giannina Facio
(2015)
|
---|
Kinders
| Jake, Luke en Jordan
|
---|
Sir Ridley Scott
(*
30 November
1937
) is 'n
Engelse
rolprentregisseur en -vervaardiger wie se kommersiele deurbraak in 1979 met die wetenskapsfiksiefilm
Alien
gekom het. Sy mees bekende werke is die neo-noir-distopiese wetenskapsfiksiefilm
Blade Runner
, die misdaaddrama
Thelma & Louise
(1991), die historiese drama
Gladiator
(2000, bekroon met die
Oscar
vir beste rolprent), die oorlogsrolprent
Black Hawk Dawn
(2001), die misdaadriller
Hannibal
(2001), die biografiese rolprent
American Gangster
(2007), en die wetenskapsfiksiefilms
Prometheus
(2012) en
The Martian
(2015).
Scott staan bekend vir sy atmosferiese en hoogs gekonsentreerde visuele styl. Alhoewel sy rolprente grootliks varieer ten opsigte van toneelskikking en die tydperk waarin hulle afspeel, beeld Ridley daarin dikwels merkwaardige stedelike omgewings uit, wat van 2de eeuse
Rome
(in
Gladiator
), 12de eeuse
Jerusalem
(
Kingdom of Heaven
) en
Middeleeuse
Engeland
(
Robin Hood
) tot hedendaagse
Mogadisjoe
en die futuristiese stadlandskap van
Los Angeles
in
Blade Runner
strek. 'n Ander kenmerk van sy werke is sterk vroulike karakters.