Reptiele
(lede van die klas
Reptilia
) is asemhalende, koudbloedige
gewerweldes
wat se vel met skubbe bedek is en nie hare of
vere
nie. Moderne reptiele word op elke kontinent behalwe
Antarktika
aangetref.
Die taksonomie van hierdie groep lyk taamlik duidelik, indien mens die huidige verteenwoordigers bekyk. Die
skilpaaie
,
krokodille
,
slange
en
akkedisse
het sekere gemeenskaplike eienskappe wat hulle onderskei van die ander gewerweldes. Hulle het skubbe pleks van hare (soos soogdiere) of vere (soos voels), hulle is koudbloedig pleks van warmbloedig soos soogdiere en voels. In teenstelling tot die (meeste)
[1]
amfibie
e het hulle 'n geskubde huid en le hulle eiers met 'n skaal en 'n vlies wat
amnion
genoem word, hoewel daar van die slange is wat lewendbarend is. Die huidige reptiele is dus
Amniota
: diere met 'n
amnion
en deur hierdie vlies is hulle aangepas om heeltemal op die land te leef.
Maar indien die fossielgeskiedenis bekyk word, stam ook die
soogdiere
(en hul voorsate die
sinapsides
en
terapsides
) en die
voels
(Aves) van die eerste Amniota af. Die tradisionele klasse Reptilia is dus
parafileties
. Dit word dalk steeds deur sooloe gebruik, maar nie deur paleontoloe nie.
Die huidige reptiele kan in ses groepe verdeel word:
- Die
Testudines
? die skilpaaie, ongeveer 340 verskillende spesies, wat in 14 families ingedeel word
- Die
Squamata
? die skubreptiele wat bestaan uit:
- Die Lacertilia ? die akkedisse, met meer as 5000 spesies
- Die Amphisbaenia ? die wurmakkedisse, met 16 families en ongeveer 180 spesies
- Die Serpentes ? die slange met ongeveer 3140 spesies
- Die Rhynchocephalia ? wat net een verteenwoordiger het in Nieu-Seeland, die
brugakkedis
- Die Crocodilia ? die
krokodilagtiges
met 25 spesies
Die meeste reptiele het 'n dun, rekbare vel, met keratienskubbe daarop wat langs mekaar kan le of dakpansgewys gerangskik kan wees. Die rug- en buikskilde van
skilpaaie
bestaan uit dermale beenskubbe met keratienskubbe daaroor. Namate die skilpaaie groei, word nuwe been voortdurend aan die onderkant van die skubbe gevorm.
By slange vorm 'n nuwe vel periodiek onder die oue en die ou vel word dan afgewerp (hulle vervel). By akkedisse skilfer die vel al namate nuwe vel gevorm word en by
krokodille
verweer die keratienskubbe geleidelik en word hulle deur nuwes vervang. Die kleur van die vel word deur pigmentselle (
chromatofore
) daarin bepaal en deur die grootte van die pigmentkorrels te reguleer, kan sommige reptiele van kleur verander.
Die huidige skilpaaie het geen tande nie, maar byt met behulp van skerp rande van keratien om die kake. Daar is egter aanduidings dat van die
fossiele
skilpaaie wel tande gehad het. Alle ander reptiele het tande wat vervang kan word wanneer hulle uitval.
Hierdie tande kan in holtes in die been le soos by die krokodille (
tekodont
), bo-op die been vasgeheg wees soos by die meeste akkedisse (akrodont), of op 'n riffie aan die binnekant van die kakebeen vasgeheg wees soos by die meeste slange (
pleurodont
). By sekere slange is sommige tande tot giftande omvorm.
Baie reptiele het goed ontwikkelde oe waarmee hulle meestal egter slegs beweging kan waarneem. Benewens die gewone ooglede het baie reptiele 'n derde, deursigtige vlies, bekend as 'n knipvlies, onder die ooglede wat die oog van voor na agter toemaak. Slange het geen beweeglike ooglede nie.
Die sogenaamde derde oog in die middel van die skedel van sommige akkedisse en die brugakkedis is ʼn uitgroeisel van die
epifise
('n uitgroeisel van die brein), waarvan die funksie nog onbekend is, Alle reptiele, behalwe die slange, het eenvoudige ore. Slange kan nie hoor nie, maar is gevoelig vir trillings in die grond. Die beentjies wat vir die opneem van die trillings verantwoordelik is, is in werklikheid gewysigde oorbeentjies.
Die reuksintuie van slange en akkedisse is in die vorm van die
Jacobson-orgaan
, wat in die verhemelte gelee is. Wanneer die diere hul tong uitsteek, vang hulle klein reukdeeltjies op wat teen die Jacobson-orgaan gedruk word om te "ruik". Ratelslange en 'n paar ander slange het spesiale sensoriese orgaantjies wat in klein holtes voor aan die kop gelee is. Dit is geweldig sensitief vir hitte en die slange kan hulle (warmbloedige) prooi daarmee opspoor.
Die embrio's van alle reptiele ondergaan hul ontwikkeling in eiers, wat of dadelik na bevrugting gele word, 61 'n tyd lank in die liggaam van die wyfie gehou word. Wanneer die eiers in die liggaam gehou word tot die kleintjies uitbroei, staan die toestand bekend as
ovoviviparie
. Die normale toestand waarby eiers gele word, staan bekend as oviparie.
'n Belangrike eienskap wat reptieleiers van die eiers van
amfibie
e onderskei, is die aanwesigheid van die amnionmembraan, ʼn vlies rondom die embrio. Bevrugting by reptiele is inwendig en die manlike reptiele het meestal spesiale organe waarmee die sperms na die wyfies oorgedra word.
Die oudste groep reptiele is die subklas
Anapsida
, waarvan die lede geen temporale vensters (slaapvensters) in die skedel het nie. Die uitgestorwe ordes
Cotylosauria
en
Mesosauria
en die skilpaaie (orde
Chelonia
of
Testudines
) word onder hierdie subklas geklassifiseer. Die subklas
Lepidosauria
word gekenmerk deur 2 temporale vensters in die skedel en 'n paar ander kenmerke van die skelet.
Onder hierdie subklas word die uitgestorwe orde
Eosuchia
, die
tuatara
(orde
Rhynchocephalia
) en die slange en akkedisse (subordes
Serpentes
en
Sauria
van die orde
Squamata
) geklassifiseer. Die krokodille (orde C
rocodilia
) is die enigste oorlewende orde wat onder die subklas (
Archosauria
) (ook 2 temporale vensters) geklassifiseer word; van die subklas
Synapsida
(1 temporale venster) is daar geen lewende verteenwoordigers nie.
- ↑
Visse het reeds skubbe gehad, die meeste huidige amfibiee het dit verloor, maar van die wurmsalamanders en die reptiele het dit behou.
|
Sien
reptiel
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|