Ralph Vaughan Williams
OM
(
Engelse
uitspraak: Die Engelse komponis is op
12 Oktober
1872
as predikantseun in
Down Ampney
,
Gloucestershire
, gebore. Hy het aan die Trinity College in
Cambridge
en aan die Royal College of Music in
Londen
gestudeer. Onder sy leermeesters is veral sir
Charles Stanford
en sir
Hubert Parry
noemenswaardig vanwee die rol wat hulle in die Engelse musiekherlewing teen die einde van die
19de eeu
gespeel het.
Hoewel Vaughan Williams uit die staanspoor vasberade was om komponis te word, het hy eers orrel en klavierlesse ontvang-as deel van sy musikale opleiding, en na die voltooiing van sy studie aan die Royal College of Music, het hy in
1896
orrelis in 'n Londense kerk geword. In
1897
en
1898
het hy in
Berlyn
onder
Max Bruch
(1838- 1920) gestudeer en in
1909
in
Parys
onder
Maurice Ravel
(1875-1937). Intussen het hy in
1901
die graad DMus aan
Cambridge
verwerf.
Van
1903
af het hy in die volkslied begin belang stel en in
1904
het hy lid van die Volksliedvereniging geword. Tussen
1904
en
1906
was hy ook redakteur van
The English hymnal
, waarvoor hy sy
Sine Nomine
("Vir al die heiliges") gekomponeer het. Vaughan Williams het sy eerste groot openbare sukses behaal met
Towards the unknown region
, 'n kantate wat by die Leedsfees van
1907
baie aandag getrek het.
Na sy diensplig gedurende die
Eerste Wereldoorlog
is hy as professor in komposisie by die Royal College of Music aangestel. Sy belangstelling in die Engelse volkslied en die Engelse musiek uit die Tudor-tydperk het sy werk verryk. Sy
oeuvre
is besonder omvangryk en sluit orkeswerke, verhoogstukke, kamermusiek en vokale musiek in. Die 9 simfoniee vorm die basis van sy kuns en bestryk 'n bree gevoelskaal. Die Eerste (
'n See-simfonie
,
1910
), vir stemme en orkes, is op gedigte van
Walt Whitman
gebaseer en die Sewende is die
Sinfonia Antarctica
(1953), wat 'n uitvloeisel was van sy musiek vir die rolprent
Scott of the Antarctic
(1949).
Besonder indrukwekkend en 'n hoogtepunt in die Engelse musiekgeskiedenis is die
Fantasie op 'n tema van Tallis
(
1910
). Ook sy
Fantasie op Greensleeves
is besonder gewild. Onder sy werke vir die verhoog is die opera
The pilgrim's progress
(
1951
) en die ballet
Job, a masque for dancing
(
1931
) van belang. Vaughan Williams het 'n groot aantal kunsliedere en sangsiklusse gekomponeer, met inbegrip van
On Wenlock Edge
(1909) op gedigte van
A.E. Housman
,
Five mystical songs
(
1911
) op gedigte van
George Herbert
en
The house of life
op gedigte van
Dante Gabriel Rossetti
.
Onder sy koorwerke is die indrukwekkende
Mis in G-mineur
, die
Te Deum
en die
Fees-Te Deum
. Vaughan Williams se musiek bevat elemente van die Engelse volksmusiek en
Middeleeuse
toonlere, gekombineer met invloede uit die vroee Engelse musiek, spesifiek die van
Henry Purcell
(1659-1695). Soos verskeie belangrike Europese nasionalistiese komponiste, byvoorbeeld Moessorgski, Dvorak, Smetana en Bartok, het hy die volksmusiek van sy vaderland die basis van sy hoogs individuele en suiwer Engelse musiekstyl gemaak. Hy het in
1935
die Order of Merit-toekenning ontvang en is op 26 Augustus
1958
in
Londen
oorlede.