Raiatea
(
Tahitiaans
:
Ra'i?tea
) is naas
Tahiti
die grootste eiland van die
Geselskapseilande
in
Frans-Polinesie
in die
Stille Oseaan
. Dit word algemeen bskou as die "middel" van die oostelike eilande in antieke
Polinesie
, en die georganiseerde migrasie na
Hawaii
,
Aotearoa
en ander dele van Oos-Polinesie het waarskynlik hier begin. ’n Tradisionele naam vir die eiland was vermoedelik
Havai'i
.
Aan die suidooskus is die historiese Taputapuatea-
marae
, wat van 1000 n.C. dateer. Dit word genoem in die tradisies van die Polinesiese volke, insluitende die
Maori
van
Nieu-Seeland
, wat dit beskou as ’n heilige
marae
van hul voorouers.
Die hoofdorp van die eiland is
Uturoa
, die administratiewe sentrum van die
Benedewindse Eilande
. Raiatea se kolleges is die vernaamste sentrum vir sekondere skole van die omringende eilande soos Bora Bora, Tahaa, Huahine en Maupiti.
Die eilande (van bo)
Bora Bora
,
Tahaa
en Raiatea. Tahaa en Raiatea deel ’n lagune.
Taputapuatea, ’n antieke
marae
.
Die
Tahitiaanse
spelling van Raiatea is
Ra'i?tea
, wat "helder lug" beteken; die transkripsie
Ulieta
is in die 19de eeu algemeen gebruik.
Die
uitgestorwe
Ulieta-
voel
en ander onbekende
spesies
het hul oorsprong op die eiland ? daar is net een tekening van die Ulieta wat in die
Londense
Natuurhistoriese Museum gehou word.
Die eilande Raiatea en
Tahaa
word deur een
koraalrif
en
lagune
omring en kon vroeer ’n enkele eiland gewees het. Raiatea is die grootste en digs bevolkte eiland van die Benedewindse Eilande; dit beslaan ’n gebied van 167,7 km
2
en het in 2007 ’n bevolking van 12 024 gehad. Die grootste dorp is
Uturoa
, aan die eiland se noordekant. Die hele stedelike gebied het byna 10 000 inwoners.
Die eerste
Europeer
wat Raiatea gesien het, was Pedro Fernandes de Queiros, in 1606. Hy het dit as
Fugitiva
aangeteken.
[3]
Die Polinesiese seevaarder Tupaia, wat saam met die ontdekkingsreisiger
James Cook
gereis het, is omstreeks 1725 in Raiatea gebore. Omai (omstreeks 1751-1780), nog ’n jong man van die eiland, het in 1774 saam met Europese ontdekkingsreisigers na
Londen
gevaar en was ’n tolk vir kaptein Cook op sy tweede en derde besoek.
Koning
Tamatoa VI
was die laaste monarg. Hy het van 1884 tot 1888 regeer.
Daar is minder toeriste op Raiatea as op ander eilande in die argipel. Daar is losieshuise, twee marinas, ’n viersterhotel (die Hawaiki Nui) en ’n hawe vir besoekende bote. ’n Plaaslike nywerheid is skeepsbou en die onderhoud van seiljagte.
Die eiland het ’n klein pad wat reg rondom loop. Die Raiatea-lughawe is in Uturoa.
-
Die hoofdorp, Uturoa.
-
’n Uitsig op
Bora Bora
vanaf Raiatea.
-
Vanieljepeule word in die son droog.
-
Portrait of Omai
, olieverfskildery deur sir Joshua Reynolds, 1776.
-
Vlag van die Koninkryk Raiatea van 1847 tot 1880.
|
---|
Eilande
| | |
---|
Argipels van Frans-Polinesie
| |
---|