in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Biblioteeknetwerk van Wes-Switserland
(
Frans
:
Reseau des bibliotheques de Suisse occidentale
;
RERO
) is in 1985 deur verskeie groot
biblioteke
gestig in die Franssprekende streek
Romandie
in Wes-
Switserland
. RERO staan vir
Reseau Romand
("Romand-netwerk").
Dit sluit in die meeste van die akademiese, openbare en gespesialiseerde biblioteke in Switserland. Dit bestuur ’n katalogus van 180 biblioteke vir 50 000 studente van verskeie universiteite.
In 2019 het RERO toegang gebied tot sowat 6,8 miljoen bibliografiese beskrywings vir meer as 10 miljoen dokumente. Die katalogus beskryf 222 400 tydskrifte, insluitende 3 169 elektroniese tydskrifte. RERO ondersteun ook lenings tussen universiteite, ’n digitale biblioteek met gratis toegang en ’n soekstelsel.